Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Vuurvliegie en Sonbesie

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mambastraat 2137, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R990 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Vuurvliegie en Sonbesie is in die Marloth Park-bewararea geleë en grens aan die Krokodilrivier en die suidelike deel van die Krugerwildtuin.

Dié oopplan-grasdakboomhuis het slaapplek vir 2 persone. Vuurvliegie het 'n oopplan-uitleg met 'n slaaparea, badkamer, leefarea en 'n kombuis. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n mikrogolfoond, klein yskas-vrieskas en gasoond en -stoof. Daar is ook 'n groot tafel met 6 stoele in die kombuis. Die slaapkamer het 'n dubbelbed met 'n muskietnet en die badkamer beskik oor 'n bad, wasbak, toilet, haardroër en handdoeke. Linne word voorsien, maar gaste moet asseblief hulle eie swemhanddoeke saambring indien hul van ons plonspoel gebruik wil maak.

Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n koffietafel waarby gaste die talle boeke en tydskrifte uit ons boekrak kan sit en lees. Die huis het 'n plafonwaaier, asook 'n lugversorger wat nuttig is tydens warm somersdae. Die buite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Die huis het ook 'n dek reg rondom met 'n eetkamerstel en 'n gemaklike bankie met sitplek vir 2 waar gaste wild kan besigtig of waar jy tot laat na die naggeluide kan sit en luister.

Die Sonbesie-eenheid het 2 slaapkamers en is geskik vir 4 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eenheid het ook 'n binne- en buitelugbadkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Ander geriewe sluit lugversorging, kombuis, 'n sitarea, eetarea en tee- en koffiemaakgeriewe in.

Gaste kan wild soos koedoes, impalas, rooibokke, blouwildebeeste, volstruise, vlakvarke en kameelperde hiervandaan dophou. Verder het gaste ook toegang tot 'n plonspoel en 'n boma-area met 'n hangmat. Die boma-area is toegerus met 'n vuurput vir vleisbraai of 'n kuiervuurtjie. ('n rooster word voorsien). Vir 'n romantiese atmosfeer bied Vuurvliegie heelwat lanterns wat aangesteek kan word.

Daar is verskeie aktiwiteite in en om Marloth Park. Ons is naby die Malelane- en Krokodilbrughekke vir 'n daguitstappie na die Krugerwildtuin. Drink 'n skemerkelkie of hou piekniek by een van die uitkykpunte langs die Krokodilrivier, of speel 'n potjie gholf by Komatipoort. Daar is heelwat restaurante en eetplekke in Marloth Park wat ons kan aanbeveel. (Kyk gerus in ons prospektus met jou aankoms). Boskombuis se melktert is 'n moet! Hulle is in Marloth se "Bush"-sentrum geleë. Vir die meer avontuurlustige paartjies is daar vierwielmotorfietse wat by hek gehuur kan word of jy kan jou fiets saambring en die roete langs die draad teen die Krokodilrivier gaan ry waar heelwat verrassings op jou wag.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 65 resensies vir Vuurvliegie en Sonbesie
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Julia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 65

Jaar gelys 7

Ligging

  • Mambastraat 2137, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Vuurvliegie en Sonbesie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R990
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R990
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mambastraat 2137, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA47a17175939674132b138d33ee56e58462baf523f6535094379a10b6a03818721651b792dedfbb054cdb2fb6705a1b2af255?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R990 per nag (plek vir 2) 65 5 1 5 2137 Mamba Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.341560738187 31.773863947437
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem