Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Waaihoek Private Game Farm and Lodge

  • Kapasiteit: 28 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N12, Waaihoek Plaas, Warrenton, 8530, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Waaihoek Private Game Farm and Lodge is reg op die oewer van die Vaalrivier en sowat 10 km vanaf Warrenton op die N12 geleë.

Die plaas bied 2 selfsorg-eenhede en 1 lodge wat uit 4 hout-cabins bestaan. Die aparte selfsorg-eenhede bied slaapplek aan 4 gaste in 2 slaapkamers. Dié eenhede beskik elk oor 'n oopplan-leefarea en -kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof, lugversorging, breekware en eetgerei toegerus is. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die leefarea lei na 'n houtdek met 'n buite-eetstel en 'n gasbraai. Die dek bied 'n uitsig oor die plaas met ononderbroke uitsigte oor die Vaalrivier.

Schoonuitsicht is 'n lodge wat bestaan uit 4 hout-cabins wat deur 'n houtpaadjie verbind word. Twee van die cabins het elk 2 dubbelbeddens en die ander twee cabins het elkeen 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Elke cabin het 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die lodge het 'n oopplan-leefarea en -kombuis asook aparte buite-ablusiegeriewe met 'n stort, toilet en wasbak. Die groot oopplan-leefarea het 'n sitarea met gemaklike leerbanke en 'n TV met DStv. Die kombuis is met 'n dubbelskuifdeur-yskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof, 'n oond, 'n ysmaker, 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus. Dit het ook lugversorging. Die leefarea lei na 'n houtdekarea met 'n privaat kroeg, 'n gasbraai en buitemeubels, alles met 'n uitsig oor die Vaalrivier. Die lodge het sy eie parkeerarea en 'n swembad.

Aktiwiteite op die plaas sluit 'n 4 km-roete langs die rivier, visvang, wildkyk, voëlkyk en 'n veteraanmotorversameling in.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 25 resensies vir Waaihoek Private Game Farm and Lodge
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Jopie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 25

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • N12, Waaihoek Plaas, Warrenton, 8530, Noord-Kaap
  • Gaste dink Waaihoek Private Game Farm and Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N12, Waaihoek Plaas, Warrenton, 8530, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFlNmQ2ODE5LWFhMTMtNDcwNy04ZTRmLTRiNGQwOTYwOTE3OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 25 5 1 5 N12 Waaihoek Farm 8530 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.139243540053 24.780150828883
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem