LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Waterford House | LekkeSlaap
+37

Waterford House

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 252, The Clarens Golf and Leisure Estate, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Waterford House is in 'n stil enklawe op die Clarens Gholflandgoed met 'n 18 putjie-gholfbaan geleë.

Die huis beskik oor 4 en suite-slaapkamers, elkeen met sy eie ingang en privaat stoep. Daar is 2 slaapkamers met 'n koningingrootte-bed elk en 2 slaapkamers met 'n koninggrootte-bed elk. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort en nog een met 'n bad. Al die kamers het ondervloerse verhitting vir die winter.

Die groot leefarea het 'n solderarea wat met spiraaltrappe bereik word. Die solderarea het 'n biblioteek en 'n studeerkamer. Daar is 'n aparte en gerieflike sitkamer met 'n plasma-TV met PVR, 'n DVD-speler en 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste. Die plaaskombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Daar is ook 'n gastebadkamer.

Die leefarea bied toeagang tot 'n onderdakstoep met uitsigte op Mount Horeb. Daar is 'n groot houtkaggel in die sitkamer. Braaigeriewe is beskikbaar en daar is 2 onderdakparkeerplekke en ekstra parkeerplek op die perseel. Die huis is volledig ingerig en dit word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae.

Clarens bied 'n verskeidenheid restaurante, koffiewinkels, kunsgalerye en interessante winkels. Daar is ook lekker doendinge soos witwatervlotvaart, bergfiets- en 4x4-roetes, voetslaan, kunsvlieghengel, gholf en vierwielmotorfietsgeleenthede in die omgewing. Die omgewing bevat ook verskeie interessante historiese- en fossielterreine. Daar is ook spa-geriewe 'n paar kilometer buite Clarens vir diegene wat bietjie pamperlang nodig het.

Slaapplek

’n Bespreking by Waterford House sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
Plek vir 8 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
2 xKoningingrootte-bed
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 3 resensies vir Waterford House
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Plot 252, The Clarens Golf and Leisure Estate, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Waterford House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R4 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 252, The Clarens Golf and Leisure Estate, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAGXM9G3Xx8yHxrHjkUskPmW9TmHE2hB2wfgbWnw7UGjT2MBWaov?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 000  per nag (plek vir 8) 3 5 1 5 Stand 252 The Clarens Golf and Leisure Estate 9707 Vrystaat 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -28.512714437582 28.433731856082
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!