Waterkant Weskus

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Waterkant Weskus is 'n volledig toegeruste vakansiehuis reg voor op die see in Moerie-se-baai, Jacobsbaai. Die huis bied 'n onbelemmerde uitsig oor die baai.

Die ruim strandhuis het 3 slaapkamers op die grondvloer, elk met 'n koningingrootte-bed en sy eie en suite-badkamer. In die solder is daar 'n oopplan-area met 4 enkelbeddens, 'n aparte kombuisie en badkamer. Die verblyf is ideaal vir groepe of gesinne, en bied slaapplek aan 6 tot 10 persone. Beddegoed en handdoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke bring.

Die oopplan-leefarea bestaan uit 'n kombuis, sitkamer met 'n kaggel en 'n eetkamer. Die kombuis en opwasarea is toegerus met SMEG-gasstoof met elektriese oond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wynyskas, ysmasjien en mikrogolf.

'n Binnehof met 'n pizza-oond word omsluit deur 2 slaapkamers en die kombuis. Die leefarea se groot stapeldeure maak oop na die ruim voorstoep. Die stoep het 'n groot etenstafel en sonstoele op die houtdek, asook 'n ingeboude braai.

In die solder is daar 'n TV met sekere DStv-kanale, en gratis WiFi en parkeerplek in die doodloopstraat is beskikbaar. Die huis is beveilig met aluminium-hortjies sowel as 'n alarmstelsel.

Jacobsbaai is bekend vir sy wit huisies eie aan die Wekus! Die strate is op sommige plekke nog stofstrate. Moerie-se-baai het 'n getypoel wat beskutting bied teen die onstuimige Atlantiese Oseaan. Hier kan mens ook tydens hoogwater in die louwarm see swem - 'n rare ervaring aan die Weskus! Gaste kan ook langs die strand gaan stap, tydens laagwater kreef vang en dit dan saam met 'n glasie plaaslike witwyn geniet.

Vir inkopies is jy net 12 km vanaf die Weskus Mall net buite Vredenburg. Vir verdere vermaak is Jacobsbaai net om die draai van Paternoster sowel as Langebaan.

Slaapplek

'n Bespreking by Waterkant Weskus sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Waterkant Weskus gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 000 per nag (vir 10 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za