Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Wayside Inn

  • Kapasiteit: 7 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deel 11 Plaas 172, Woodville, George, 6538, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 600 per nag, vir 7 mense

Beskrywing

Wayside Inn is 'n geskiedkundige plaashuis, volledig toegerus vir selfsorg, geleë in die uitsonderlike natuurskoon van Woodville, naby die Wilderness. Die gebou is die voormalige ou waenhuis wat perde en koetse op die ou posroete tussen Knysna en George in die 1800's geakkommodeer het. Die huis is onlangs opgeknap vir verblyf van die hoogste gehalte, maar met die oorspronklike geelhoutplafonne en -balke het die eertydse karakter behoue gebly.

Die oorspronklike Wayside Inn is gebou deur Jonas Stevens, wat wyd bekend was vir sy gasvryheid, wie die aangrensende eiendom en poskar vir baie jare bestuur het. Moeë reisigers kon altyd staatmaak op 'n hartlike maaltyd en 'n gemaklike bed.

Dié selfsorghuis het slaapplek vir tot 7 gaste. Die huis word as 'n geheel bespreek en dus hoef jy nie met ander gaste te deel nie, wat dit uiters privaat maak. Die luukse slaapkamer is asemrowend en word as die Wittebrood Suite gebruik. Die huis het 3 slaapkamers, 'n kombuis en 'n groot eet- en leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Al die slaapkamers het en suite-badkamers.

Dis toegerus met al die nodige moderne geriewe en toebehore. Die kombuis beskik oor 'n skottelgoedwasser, 'n groot stoof, 'n broodrooster, 'n prutpot, 'n wasmasjien en 'n yskas. Die leefarea het ook Easyview-TV. Bordspeletjies, braaigeriewe en 'n Nespresso-koffiemasjien word voorsien. Gaste moet net hul eie koffiekapsules saambring. Gratis, beperkte WiFi-toegang word voorsien.

Die omliggende omgewing spog met die beeldskone natuurskoon van die see, riviere, mere en die platteland, en dis na aan die beeldskone strande van Wilderness.

Slaapplek

’n Bespreking by Wayside Inn sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 3 mense
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  • Koordlose internet

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Elektriese kombers
  • Waaier
  • Kaggel
  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 11 resensies vir Wayside Inn
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Sue Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Jaar gelys 9

Ligging

  • Deel 11 Plaas 172, Woodville, George, 6538, Wes-Kaap
  • Gaste dink Wayside Inn het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 600
per nag, vir 7 mense
Vanaf
Vanaf R2 600
per nag, vir 7 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deel 11 Plaas 172, Woodville, George, 6538, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGJhNWFjMDUwLWFiNWEtNDMyOC1hZjVmLTRlMjNkMDIwY2EzYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 600 per nag, vir 7 mense 11 5 1 5 Portion 11 Farm 172 Woodville 6538 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.937 22.668530555556
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem