Wegbreek

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Wegbreek is 'n ruim dubbelverdiepinghuis in Blue Horizon Bay wat slaapplek vir 10 gaste bied.

Dié huis het 4 kamers en 3 badkamers. 3 van die kamers het dubbelbeddens en die derde kamer het 'n tripel-stapelbed met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo. Die 3 badkamers het elkeen 'n bad en stort en 2 van die kamers het 'n en suite-badkamer.

Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, oonde, Snappy Chef, mikrogolfoond en 'n yskas-vrieskas. 'n Skottelgoedwasser, tuimeldroër en wasmasjien is ook beskikbaar. Gaste kan hul maaltye by die eetkamertafel geniet of in 1 van die 2 sitkamers ontspan wat albei 'n TV met DStv, en 'n DVD-speler het.

Wegbreek het 'n swembad en 2 braai-areas: 1 voor die huis en 1 agter die huis. Die huis het 'n alarm en veilige parkeerplek is in die motorhuis beskikbaar. Daar is nog 2 parkeerplekke voor die motorhuis. Die eenheid word daagliks skoongemaak. Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.

Daar is verskeie voetslaan- en fietsryroetes in die omgewing en Wegbreek is stapafstand van die strand af. Die plaaslike winkel verkoop als wat jy nodig het en Wegbreek is net 30 km van Port Elizabeth se verskeie winkelsentrums en die Boardwalk Casino af.

Slaapplek

'n Bespreking by Wegbreek sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 3 persone
1 x Tripelstapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Wegbreek gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 550 per nag (vir 10 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za