LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Wellington Country House Gastehuis | LekkeSlaap
+57

Wellington Country House Gastehuis

34 resensies
Gastehuis
Weeksdagaanbod 35% af

Kry 35% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 20 Mei 2020 tot 16 Des 2020.

  • Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 15:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Richterlaan 27, Wellington, 7655, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 395 R907 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Wellington Country House Gastehuis is in die hartjie van die Kaapse Wynlande op die rand van 'n wingerd met 'n uitsig op die Hawekwa- en Limietberg van die swembaddek af. Dié gastehuis bied gehalteverblyf in 'n rustige, stil omgewing.

Die gastehuis se styl is “hygge”, 'n Deense woord vir knus en gemaklik, met ‘n tikkie ouwêreldse-sjarme.

Verblyf is beskikbaar in 3 suites, elk met gratis WiFi.

Die Merlot-kamer het 'n dubbelbed met 'n en-suite badkamer en 'n privaat ingang.

Chenin-Duette is ‘n tweeslaapkamer-eenheid met 'n koninggrootte-bed en lugversorging in die hoofslaapkamer. Daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer wat toegang tot sy eie private badkamer het.

Die Cap Classique-suite het 'n koninggrootte-bed, sitarea, aantrekkamer en en suite-badkamer. Verder is daar 'n lessenaar, lugversorging en 'n yskassie.

Daar is 'n swembad waarvan gaste gebruik kan maak, maar let asseblief daarop dat dit nie 'n veiligheidsnet het of omhein is nie. Wellington Country House Guesthouse neem geen verantwoordelikheid vir diegene wat die swembad gebruik nie.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die gastehuis is naby (1,8 km vanaf) geriewe soos restaurante, winkels, en stap- en fietsryroetes. Die gasvrou sal gaste met graagte oor doendinge in die omgewing inlig .

Piekniek-uitstappies na die Ceres-Karoo en Bainskloof is beskikbaar. Bespreek dit asb. vooraf.

Kaasmaak-werkswinkels word per afspraak aangebied en hier word feta, haloumi en ricotta gemaak.

Slegs een afslag per bespreking. Alle aanbiedinge moet in kontant of via EFT betaal word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 34 resensies vir Wellington Country House Gastehuis
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Richterlaan 27, Wellington, 7655, Wes-Kaap
  • Gaste dink Wellington Country House Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 395
Vanaf R907
per nag (plek vir 2)
was R1 395
Vanaf R907
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 15:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Richterlaan 27, Wellington, 7655, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAOM0ubPMKTEfs8S1o7JEWN4T306SKYXnrP3cdA9WwDgX9ArJrhl?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 395, nou Vanaf R907  per nag (plek vir 2) 34 5 1 5 27 Richter Avenue Wellington 7655 Wes-Kaap 086 999 0018 12:00-15:00 10:00 -33.654041728653 19.012378266865
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!