Wild Fig Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hierdie plaas skuil in die Laeveld, tussen Witrivier en Nelspruit, en bied pragtige uitsigte. Bespreek een van ons 4 pragtige en suite-kamers met slaapplek vir 2 gaste as jy op soek is na 'n lekker plattelandse ervaring.

Elke kamer het 1 dubbelbed, vars linne en bedkassies met leeslampies. Die mure is versier met smaakvolle kuns en houtmeubels rond die plattelandse gevoel mooi af.

Ons bied slaapplek vir 1 tot 8 persone en daar is 'n swembaddek en 'n groot swembad. Gaste word aangemoedig om vir 'n wandeling te gaan op die perseel en die lieflike tuin te geniet. 'n Wasgoeddiens is beskikbaar op versoek en teen ekstra koste.

Die Laeveld is een van Suid-Afrika se mooiste streke. Wild Fig Estate is oorkant Da Loose Mongoose, 'n kindervriendelike restaurant met 'n aangename atmosfeer en heerlike pizza. Casterbridge, 'n pragtige, gonsende leefstylsentrum, is ook naby aan Wild Fig en die Krugerwildtuin se Numbi-hek is net 45 km van ons af. Gaste is welkom om navraag te doen oor wildritte.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Wild Fig Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za