Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Wilderness Tented Camp

Tentekamp
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R572 Pontdrift-weg, Musina, Musina, 0900, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 380 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Wilderness Tented Camp is teen 'n heuwel versteek en spog met 'n asemrowende uitsig oor die pragtige mopaniebosveld. Die eenhede is 'n entjie van mekaar af geleë om privaatheid te verseker en gerieflik ingerig sodat alle natuurliefhebbers dié afgesonderde en betowerende deel van Suid-Afrika ten volle kan geniet.

Kom ervaar die Afrika-bosveld soos nog nooit tevore nie in hierdie ruim Serengeti-tente. Elke tent is luuks ingerig en het 'n wonderlike leefarea, 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, buitestort, wasbak en 'n toilet. Skoon linne en handdoeke word voorsien. Die tente het ook lugversorging, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n sitarea wat na die dek lei waar gaste die sonsopkoms of -ondergang kan bewonder.

Die Mapesu Wilderness Camp Restaurant bedien smullekker kookuns, maar plek moet vooraf bespreek word. Gaste kan ook by die swembad ontspan, 'n drankie by die kroeg bestel en 'n tradisionele Suid-Afrikaanse braai geniet. Die lodge bied verskeie gemeenskaplike areas met genoeg gemaklike sitplek.

Daar is ook ruimte vir konferensies wat tot 120 mense kan akkommodeer. Verblyf vir 58 gaste is by Mopane Bush Lodge, die susterlodge, en die Wilderness Tented Camp beskikbaar, wat gerieflike verblyf vir alle gaste tydens konferensies en funksies verseker.

Die ryk geskiedenis en natuurskoon van die streek sluit antieke rotskuns, die geskiedkundige betekenis van Mapungubwe Nasionale Park en 'n rits voëls en wildspesies in. Kom bewonder die uitsig oor die kruising van drie nasies. Wilderness Tented Camp is die perfekte bestemming vir diegene wat 'n onvergeetlike vakansie in die natuur soek.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • 24-uur Kamerbediening
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Internet
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.8/5

Mopane Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 5

Jaar gelys 8

Ligging

  • R572 Pontdrift-weg, Musina, Musina, 0900, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 380
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R2 380
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R572 Pontdrift-weg, Musina, Musina, 0900, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4271255d11b0d612cf06d00638f038e71c01ef928e4fc539e2135836048f66745c6c2f69b0eb3e4693b6037f64993cbe8fab?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 380 per nag, vir 2 mense R572 Pontdrift Road Musina 0900 Limpopo 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -22.238101036602 29.43941116333
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem