Willow Beach House
Kry 15% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 23 Mei 2024 tot 13 Des 2024.
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Willow-straat 8, Noordhoek, 7979, Wes-Kaap
-
Vanaf
R6 000R5 100 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Willow Beach House is 'n pragtige huis met 3 slaapkamers op Long Beach se duine in Noordhoek. Dié moderne tuiste is deur 'n plaaslike argitek ontwerp en het smaakvolle interieur.
Die huis het 3 slaapkamers, 'n oopplan-leefarea met 'n kombuis, 'n groot onderdakstoep en verhitte swembad. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Dié kamer is op die boonste verdieping en het glasskuifdeure wat lei na 'n balkon met 'n lieflike uitsig. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en lei na 'n dek met 'n see-uitsig. Dié kamer het toegang tot 'n buitestort. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en skuifdeure lei na 'n dek met 'n berg- en tuin-uitsig. Dié kamer het ook toegang tot 'n buitestort.
Die oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea lei an 'n onderdakdek met stoepmeubels. Die leefarea het 'n leeshoekie in die galery, asook 'n TV met sekere DStv-kanale. Die kombuis het 'n losstaande Smeg-gasstoof en -elektriese oond, 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en aparte opwaskamer. WiFi is beskikbaar.
Die huis het 'n sonverhitte swembad wat vir veiligheid bedek word. Verder is daar gerieflike buitemeubels, braaigeriewe, 'n omheinde tuin, houtdek rondom die huis en sonstoele. Parkeerplek is in 'n dubbelmotorhuis beskikbaar. Daar is ook 'n kluis, alarmstelsel, en toesluitbare skuifdeure by die tweede en derde slaapkamer. 'n Addisionele slaapkamer in die kothuis kan bespreek word vir 'n groter gesin. Willow Beach House word omring deur fynbos en het pragtige uitsigte oor die strand, berge en duine. Dus is dit die ideale bestemming vir diegene wat na rustigheid verlang, maar ook naby geriewe wil wees.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Antje Brandt And Geverifieer
Eiendomme 9
Resensies 6
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Willow-straat 8, Noordhoek, 7979, Wes-Kaap
- Gaste dink Willow Beach House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Willow-straat 8, Noordhoek, 7979, Wes-Kaap