Willow Weir Cottage Walkersons Country Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Willow Weir Cottage is in die Walkersons Country Estate sowat 17 vanaf Dullstroom geleë. Dié kothuis is ongeveer 50 m vanaf die Lundskliprivier se oewer geleë en is een van die oorspronklike klipkothuise.

Die kothuis bied gerieflike selfsorgverblyf aan 10 gaste. Daar is 5 slaapkamers, 5 badkamers en 'n oopplan-kombuis, leefarea en eetarea. Drie van die slaapkamers het koninggrootte-beddens, 1 slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis is toegerus vir selfsorg en het 'n yskas, oond en stoof, 'n mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser. Die kothuis het DStv beskikbaar in die hoofsitkamer en die 3 slaapkamers. 'n Kragopwekker sal ook inskop indien beurtkrag plaasvind. 'n Bababedjie, matras en kinderstoel is beskikbaar. Gaste kan op die stoep ontspan en die natuurskoon kan geniet.

Die huishulp, Ester, is tussen 08:30 en 14:30 beskikbaar om skottelgoed te was, vuur te maak, beddens op te maak en 'n rustige verblyf te verseker. Vuurmaakhout word voorsien.

Ester bied saans kinderoppasdienste teen R75 per uur met 'n minimum van 3 ure. Reël asseblief direk met Ester.

Walkersons Country Estate het 24 uur-sekuriteit en bied doendinge soos kunsvlieghengel in die 4 km lange rivier en 14 damme, asook voetslaan, bergfietsry, perdry, voëlkyk en wildkyk. Dié familiehuis lê in 'n pragtige vallei met sebras, blouwildebeeste, springbokke, rooihartebeeste, oribies, blesbokke, ystervarke, sivetkatte, muishonde, visarende, kuifarende en jakkalsvoëls.

Die nabygeleë Dullstroom bied restaurante, koffiewinkels en winkels. Gaste kan besoek aflê by die dorp se plaaslike bierbrouery, die Dullstroom Roofvoël-rehabilitasiesentrum en die Highlands Gate-gholfbaan. Walkersons Country Estate is sowat 2 en 'n half uur se ry van die Krugerwildtuin.

Slaapplek

'n Bespreking by Willow Weir Cottage Walkersons Country Estate sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Jacuzzi
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Willow Weir Cottage Walkersons Country Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R8 800 per nag (vir 10 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za