Windsor Self-catering Apartments

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Windsor Self-Catering Apartments het onafhanklike eienaars en bied seekantverblyf in een van die mooiste gedeeltes van die Kaap. By hierdie woonstelle, op die randjie van die luisterryke Walkerbaai, word tradisionele gasvryheid vermeng met al die geriewe wat jy kan verwag van stylvolle seekantverblyf - teen die dorp.

Windsor Self-Catering Apartments bestaan uit 8 ruim, volledig toegeruste selfsorgwoonstelle met asemrowende see-uitsigte langs die Windsor Hotel (3 ster). Die woonstelle is uiters geskik vir besoekers wat op soek is na goeie, gerieflike, outydse verblyf in Hermanus.

Daar is 3 tweeslaapkamerwoonstelle en 5 drieslaapkamerwoonstelle. Elke woonstel het 2 badkamers, 'n balkon met 'n braaiplek, 'n sitkamer-area, volledig toegeruste kombuis en 'n toesluitmotorhuis. Die kombuis is toegerus met eetgerei, breekware, oond en mikrogolf. Daar is ook strykgeriewe, DStv (hotelpakket) en die woonstelle word daagliks skoongemaak.

Hermanus bied so baie dat jy in die versoeking sal wees om vir altyd hier te bly! Dit is een van die beste walviskykplekke in die wêreld - sit rustig in jou seekantslaapkamer of een van die sitkamers en kyk hoe die reuse soogdiere in die oseaan baljaar.

Windsor Self-Catering Apartments is net 120 km vanaf Kaapstad en vervoer kan gereël word. Hermanus is ideaal vir besoekers wat al die besienswaardighede wil verken: die Overberg met al sy doendinge, die pragtige Tuinroete en L'Agulhas - die mees suidelike punt van Afrika.

KaartMeer oor die omgewing 

Gaste wat na Windsor Self-catering Apartments gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 650 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za