Winelands Golf Lodges 16
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandweg, De Zalze Gholflandgoed, Stellenbosch, 7599, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 850 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Winelands Golf Lodges 16 is 'n knus selfsorg-eenheid op die pragtige De Zalze Gholflandgoed in die hartjie van die Stellenbosch Wynlande geleë. Dit is ideaal vir 'n naweekwegbreek saam met die gesin terwyl julle 'n uitsig oor die pragtige landgoed geniet.
Dié dubbelverdieping-eenheid het slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 en suite-slaapkamers met lugversorging. Die hoofslaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die enkelbeddens kan op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep word. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, alhoewel gaste hul eie swemhanddoeke moet saambring.
Die oopplan-leefarea het 'n aparte kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware sowel as 'n koffiemasjien toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV met die volle DStv-pakket. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Addisioneel is daar ook 'n etenstafel met sitplek vir 5 waar gaste hul maaltye kan geniet.
Buite die dubbeldeure is 'n onderdakstoep met 'n tafel en stoele sowel as 'n ingeboude braai. Dié eenheid het 'n klein tuinspasie met sonstoele wat dit die ideale plek maak vir gaste om son te vang. Gaste het ook volle toegang tot die landgoed se gemeenskaplike swembad.
Slaapplek
’n Bespreking by Winelands Golf Lodges 16 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Host Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 650
Jaar gelys 12
Ligging
- Strandweg, De Zalze Gholflandgoed, Stellenbosch, 7599, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Stellenbosch Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Strandweg, De Zalze Gholflandgoed, Stellenbosch, 7599, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom