LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Wings Self-catering Apartment | LekkeSlaap
+17

Wings Self-catering Apartment

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Boegoe-laan 14, Suiderstrand, 7287, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Wings Self-catering Apartment is in die rustige dorpie Suiderstrand geleë, ’n unieke plekkie by Agulhas Nasionale Park en Atlantiese Oseaan, naby die mees suidelike punt van Afrika.

Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en het 2 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en ’n en suite-badkamer met ’n bad en stort, toilet en wasbak. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en ’n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak. Gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met ’n gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook ’n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die eetarea het ’n ontbytkroeg met stoele en die sitarea het ’n gemaklike sitstel en platskerm-TV teen die muur met sekere OVHD-kanale. Gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerder en slimkaart saam te bring.

Wings se voordeur front oos en dit bied ’n idilliese uitsig waar jy die maan agter die kalkklip-heuwels kan sien opkom. As jy gelukkig is, kan jy ook die geroep van die arend-uil, rooiwangnaguil of selfs die nagreier hoor soos wat hulle hul nes verlaat om kos te gaan kry. Op donker aande is die sterre só helder dat dit lyk asof jy aan die Suiderkruis en Melkweg kan raak.

Slaapplek

’n Bespreking by Wings Self-catering Apartment sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 10 resensies vir Wings Self-catering Apartment
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Boegoe-laan 14, Suiderstrand, 7287, Wes-Kaap
  • Gaste dink Wings Self-catering Apartment het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Boegoe-laan 14, Suiderstrand, 7287, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3GGOWPRCAXmzgMJlajJR3WE5weVC1sr5uuJ3SZRjnMeRKBOFFU?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000  per nag (plek vir 4) 10 5 1 5 14 Boegoe Avenue Suiderstrand 7287 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -34.812908 19.960127
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!