Winkwater

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Winkwater skuil in 'n rustige denneplantasie op 'n forelplaas 40 km vanaf Machadodorp. Die 2 huise staan aan die voet van 'n berg en kyk uit oor 'n stroom en 'n waterval.

Altwee huise is ruim en oopplan en die een het 'n grasdak en 'n groot lapa.

Die grasdakhuis se kombuis is ten volle toegerus met 'n elektriese oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware, en lei na die lapa met sy ingeboude braai, kombuisie, eetkamerstel met 19 stoele. Dié huis het ook 'n solder met 1 dubbelbed en 2 enkelbeddens, en die slaapkamer op die grondvloer het 2 enkelbeddens en 'n badkamer met stort, wasbak en toilet.

Die tweede huis het 'n privaat slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n privaat badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 2 ekelbeddens op die grondvloer en 5 enkelbeddens en 'n stapelbed in die solder-area. Nog slaapplek is beskikbaar in 'n aparte kothuis met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en wasbak.

Verken gerus die voetpaadjie na die waterval en verder op teen die berg tot by die foreldam vir 'n salige kunsvlieghengelsessie.

Let asb. op: Die laaste 3 km na die huise toe is nie geskik vir ligte voertuie nie, veral nie gedurende die reënseisoen nie. Doen navraag oor die toestand van die pad voor jy bespreek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Winkwater gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 040 per nag (vir 20 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za