Witfontein Plaas Gastehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Witfontein Plaas Gastehuis is 'n plaashuis wat gerieflik ingerig is vir 'n gesin van 2 tot 7 mense, net 26 km vanaf Fraserburg.

Die verblyf is 80 m van die hoofhuis af geleë en beskik oor 3 kamers met plafonwaaiers wat 2 badkamers deel. Die hoofslaapkamer het 'n dubbel- en 'n enkelbed, asook 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander 2 kamers het elkeen enkelbeddens en deel 'n badkamer met 'n stort en bad. 'n Ekstra enkelbed is in die leefarea beskikbaar. Elektriese komberse, linne en handdoeke word voorsien.

Die ruim kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, vrieskas, mikrogolf, 'n stoof en oond, beskuit, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Braaipakke, roosterkoekdeeg, slaaie en konfyt is op versoek beskikbaar. Gaste kan in die sonnige sitkamer of ruim kombuis ontspan en die spelletjies geniet wat beskikbaar is.

'n Skoonmaakdiens is beskikbaar op versoek.

Daar is ook 'n lieflike tuin met 'n teleskoop om die sterre in die aand te bekyk. Daar is braaigeriewe buite. 'n Wandelpaadjie vanaf die huis lei na Daskoppie met 'n baie mooi uitsig. Die gasheer neem graag gaste met die bakkie om interessanthede op die plaas te verken. Vir die avonturiers is daar ook 'n bergklim-area. Gaste kan ook voetspore van dinosourusse in Fraserburg aanskou en sien hoe skape geskeer word op 'n plaas in die omgewing.

Neem asseblief kennis dat die plaas met 'n kort stuk baie goeie grondpad bereik word.

Slaapplek

'n Bespreking by Witfontein Plaas Gastehuis sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Witfontein Plaas Gastehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 565 per nag (vir 7 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za