Wolwedans Guest Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Wolwedans Guest Manor eiendom is 'n erfenisterrein en die oorspronklike plaashuis is tussen 1826 en 1851 gebou. Groot Brak het hier ontstaan en die ou plaashuis is pragtig opgeknap om te voldoen aan moderne standaarde.

Wolwedans Guest Manor is 5 minute se ry vanaf Suiderkruis-strand in die kusdorpie Groot-Brakrivier op 'n pragtige deel van die Tuinroete. Dié unieke toevlugsoord lê tussen Mosselbaai en George en is naby genoeg aan alles maar ver genoeg van die rep en roer. Dit is op pad na Knysna en die Addo Wildreservaat is verder aan. Botlierskop Wildreservaat is op ons drumpel en Glentana is 10 km hiervandaan.

Ons bied verskillende verblyfopsies. Ontbyt is ingesluit vir gaste wat in een van ons 4 luukse en suite-kamers tuisgaan. Ons het 'n solderkamer wat as 'n eenheid verhuur word, 'n kothuis wat ook as 'n eenheid verhuur word, asook twee seiltente op 'n houtdek vir avontuurlustige gaste.

Al die en suite-kamers is onlangs opgeknap en spog met luukse beddegoed, pragtige houtvloere, privaat ingange, en gratis WiFi.

Kamergeriewe sluit satelliet-TV, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe in. Elke gerieflike kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, en is versier volgens 'n klassieke, ouwêreldse tema met moderne geriewe. Die luukse kamer het 'n ruim en suite-badkamer met 'n bad en stort.

Ontbyt kan privaat geniet word net buite die kamers op die ou stoep.

Die swembad is in die mooi versorgde tuin en daar is 'n onderdakstoep vir warm somerdae.

Wolwedans Guest Manor is gerieflik geleë, net 2 minute se stap van die Museum af, en 10 minute vanaf die rivier en meeste winkels en restaurante.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Wolwedans Guest Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za