Woodcutters Guest House & Self-catering Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Woodcutters Guest House and Self-catering Cottage is tussen die prentjiemooi berge en lowerryke woude van Haenertsburg in Magoebaskloof geleë. Wodcutters vang die geskiedenis van die ontwikkeling van ons area oor die jare vas en bied gaste die geskiedenis van ons pragtige berg en die plaaslike gemeenskap. Die gastehuis het die ideale ligging naby die meeste geriewe in die dorp en die omliggende area.

Die verblyf bestaan uit gastekamers en 1 selfsorgkothuis. Die en suite-gastekamers het hul eie ingange en 'n en suite-badkamer. Die kothuis is apart van die hoofhuis. Die kothuis het slaapplek vir 4 gaste en 'n oopplan-leefarea en kombuisie vir basiese selfsorgdoeleindes.

Die en suite-dubbelkamers beskik elkeen oor 'n spieëltafel en ingeboude kaste. Alle linne, handdoeke, handeseep en stortseep word voorsien. Die en suite-kamers het komplimentêre tee, koffie, beskuit en bottels water. 'n Gratis bottel wyn word voorsien vir gaste wat vir 2 of meer nagte bespreek. Elke kamer het 'n yskas. Die en suite-kamers his nie geskik vir selfsorg nie. Ontbyt en aandete kan op versoek teen R100 per persoon gereël word. Die gastehuis het ook gratis WiFi en 'n braai-area. Besprekings op die nippertjie moet ten minste 4 uur voor die inkloktyd wees.

Woodcutters Guest House and Self-catering Cottage is 'n paar minute se ry vanaf restaurante, winkels en kroeë in die middedorp. Die omgewing is veral bekend vir sy skilderagtige bergfiets- en voetslaanroetes. Woodcutters het 'n ryk voëllewe, so voëlkykers sal hulle gate uit geniet. Die dorp self is sowat 2 ure se ry vanaf die Krugerwildtuin se Phalaborwa-hek af en dit maak Woodcutters die ideale plek om te stop. Geniet die betowerende Haenertsburg en Magoebaskloof.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Woodcutters Guest House & Self-catering Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za