Apartment Downstairs

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Apartment Downstairs is die laer woonstel in 'n houthuis tussen die bome. Dié troeteldiervriendelike woonstel skuil tussen bome en bied lieflike uitsigte op die omliggende berge.

Die eenheid is op die eienaar se perseel, maar het sy eie ingang en alarm. Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers. In die een kamer is 'n dubbelbed en die ander kamer het ’n koningingrootte-bed. Albei kamers het 'n en suite-badkamer met ’n stort. Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, glasoond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, koffiemasjien en kooktoebehore.

Ander geriewe sluit 'n wasmasjien en hangers vir klere, braai-area op die balkon met ’n houttafel wat sitplek vir 6 het, ’n buitebank en 2 gemaklike stoele, en ’n berg- en tuinuitsig. Verder is daar ’n platskerm-TV, DStv, DVD-speler, gratis WiFi en veilige parkeerplek agter 'n elektriese hek in. Daar is 'n groot tuin wat omhein is sodat jou troeteldiere veilig kan rondloop op die perseel.

Doendinge in die Sedgefield-omgewing sluit lang wandelinge op die groot wit strand, swem in die strandmeer en see, visvang, voëlkyk, baarshengel, valskermsweef en wynproe in. Die akkommodasie is ook naby verskeie restaurante, koffiewinkels, buitelug-kroeë, strande, gholfbane en winkels geleë. Dié dorpie, die strandmeer-area en voorstede is veilig genoeg sodat jy kan rondrits op jou fiets of rond stap om dit te verken.

Slaapplek

'n Bespreking by Apartment Downstairs sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Konferensie geriewe

  •  DVD-speler
  •  Internet

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Apartment Downstairs gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za