Woodland Gardens

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Woodland Gardens bied ten volle toegeruste selfsorg-akkommodasie in die Magaliesberg. Ons chalets is weggesteek, romanties en gerieflik met kaggels. Elke chalet het sy eie stoep, braai-area en vuurput (hout moet gereël word), 'n 32" platskerm-TV, DVD-speler, en 'n DStv-koppelpunt - bring net jou eie dekodeerder, afstandbeheer en slimkaart.

Ons eenhede is ideaal vir enkelreisigers, paartjies en gesinne wat graag wil wegbreek. Ons bied privaatheid, afsondering, pragtige tuine, paadjies deur die woud en tuin, 'n dek met 'n ongelooflike uitsig en 'n rotsswembad met dekke, grasperke, skadu en son.

Ons selfsorg-akkommodasie is 12 km verby Magaliesburg op die golwende heuwels, en ons ingang is op die hoofroete in Koster se rigting. Maklike toegang vanaf die hoofpad is nog 'n bonus, so jy hoef nie 'n 4x4 te hê nie. Ons is naby aan al die geriewe in Magaliesburg geleë.

Ons het alles, van romantiese kothuise vir paartjies, tot familie- en groepgrootte chalets met koninggrootte- of koningingrootte-beddens, stapelbeddens en slaapbanke. Daar is romantiese kaggels in al die slaapkamers. Bring jou eie hout vir die kaggels of reël met ons as jy dit wil aankoop.

Ons chalets is baie privaat en word omring deur woude en tuine, lieflike fonteintjies en persoonlike ruimte!

Kom bederf jouself met ons masseerterapie wat op die perseel beskikbaar is. Vanaf halfuur- tot 2 uur-pakkette is beskikbaar. 'n Spyskaart met ons verskeidenheid bekostigbare masseerpakette is aan ons gaste beskikbaar.

Woodland Gardens is 'n wegbreek met 'n baie spesiale atmosfeer wat perfek is vir enigeen wat wil wegbreek van die alledaagse lewe en bietjie wil ontspan. Dis 'n plek waar jy kan besin oor jou planne en drome.

Lus vir avontuur? Daar is doendinge in oorvloed in die Magaliesberg-omgewing! Gaan ry 'n entjie, ervaar 'n boomtoptoer, of verken die omgewing met 'n vierwielmotorfiets of te perd. Daar is ook lieflike rotspoele langs die Canopy Tours in die berge. Die Magaliesberg en Wiegie van die Mensdom is iets wat ieder en elk moet ervaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Spaans

Konferensiegeriewe

  •  DVD-speler
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Woodland Gardens gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R770 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false