Yiwarra Game Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Yiwarra Game Farm is hoog teen die heuwels van die Waterberge geleë. Die diverse tipografie met berge, valleie, strome, bosveld, grasveld en eindelose uitsigte is 'n lus vir die oog.

Die lodge het 'n opmerklike plaasgevoel met elegante, moderne suites en breë verandas. Die plaas het hoofsaaklik selfsorgverblyf, meestal vir groepe of konferensies, maar paartjies is ook welkom om te bespreek. ’n Groot volledig toegeruste kombuis met ys-
en vrieskaste en ’n eet-/sitkamer is deel van die lodge.

Al die kamers is en suite en pragtig versier. Sommige kamers het slaapplek vir 4 gaste (2 volwassenes en 2 kinders). Al die kamers het 'n aparte koffie- en teestasie met 'n wasbak. Al die kamers word daagliks skoongemaak.

Dit is heeltemal veilig om wild te voet of per fiets te besigtig.

As jy daarvan hou om na die sterre te kyk, dan is jy op die regte plek. Yiwarra, oftewel die Melkweg, sal jy duidelik kan sien indien daar nie wolke is nie. Voëlliefhebbers is welkom om tyd in die veld te bestee om na al die spesies te kyk en te luister.

Daar is ys en hout op die perseel te koop.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Yiwarra Game Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 010 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za