Zandrivier Farm Self-catering Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Zandrivier Farm Self-catering Accommodation is in die hartjie van die Karoo, 65 km vanaf Laingsburg, geleë en is maklik toeganklik van die N1 en R62 af. Zandrivier is by die Wes-Kaap se hoogste piek en lieflikste pas, die Seweweekspoort, geleë. Ons is net 3½ ure van Kaapstad af en 2 ure van George af. Die plaas is 'n lushof vir ieder en elk. Die plaas is ook bekend daarvoor dat dit die werkende plaas met die hoogste ligging is.

Zandrivier bied akkommodasie in 3 privaat kothuise en hier kan jy of wegbreek van alles of die plaaslewe op sy beste ervaar. Kinders word aangemoedig om met die diere te speel, dalk 'n koei te melk, die perde kos te gee, te help om 'n skaap te skeer of om te kyk hoe die lammetjies in seisoen gebore word. Zandrivier voorsien hout en varsgebakte plaasbrood op versoek. Elektrisiteit word voorsien en daar is selfoon-ontvangs. Ongelukkig is daar geen MTN-ontvangs nie en Vodacom is net 3G.

Die plaas is net die plek om te ontspan. Ons is omtrent 1200 m bo seevlak geleë en dit sneeu gewoonlik op die plaas tussen Julie en Augustus. Daar is staproetes op die plaas, talle roetes vir fietsry of bergfietsry in die Seweweekspoort en voëlkykers sal hulself kan verlustig in al die spesies wat hier voorkom.

Zandrivier het troeteldiervriendelike eenhede, reël asb. met ons.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Zandrivier Farm Self-catering Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za