Sentraal Drakensberge Akkommodasie by Zingela Safari and River Company | LekkeSlaap
+8

Zingela Safari and River Company

2 resensies
Tentekamp
  • Kapasiteit: 54 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off the R74, Weenen, 3325, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R20 000 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Zingela Safari and River Company is die ideale bestemming vir groepe en families wat op soek is na avontuur. Zingela is op die R74, naby Weenen, geleë.

Die eenhede is gebou met gras, klippe en riete. Elke eenheid is uniek en is gebou om te pas by sy onmiddellike omgewing. Larney Lane is ideaal vir paartjies en die Hotel en Aloes is geskik vir families of vriendegroepe wat mekaar ken. James Camp beskik oor sy eie boskombuis en eetarea, so alhoewel dit 'n uitbreiding van die hoofkamp is, kan dit bespreek word vir B&B of selfsorg. Ons permanente kampeerterrein tussen die Hoofkamp en James Camp is die hele jaar lank oop, maar die ruwe kampeerplek op Warthog Island is net oop gedurende die droë seisoen.

House on Hill is die oorspronklike Zingela-plaashuis en is onlangs opgeknap. Die huis staan op 'n krans, het 'n uitsig oor die rivier, en is net 'n entjie stroomaf vanaf James Camp. Die huis is geskik vir selfsorg en B&B.

Doendinge by Zingela Safari and River Company: riviervlotvaart, bergfietsry, "paint ball", kunsvlieghengel, abseiling en spanbou-aktiwiteite. Hierdie aktiwiteite gaan gepaard met ekstra onkostes.

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 2 resensies vir Zingela Safari and River Company
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Off the R74, Weenen, 3325, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Zingela Safari and River Company het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R20 000
per nag (plek vir 12)
Vanaf R20 000
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 54 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off the R74, Weenen, 3325, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc2OGZkMjdlLTI2MzMtNDMyNC1hMzU2LWI3YTMwZGU0ZDQ3YQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R20 000  per nag (plek vir 12) 2 5 1 5 Off the R74 Weenen 3325 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -28.717125011747 30.06326213479
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za