Zizwe Guest House
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ngakane-straat 8108, Orlando-Wes, Soweto, 1804, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R550 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Zizwe Guest House is in Orlando-Wes, langs die Vilakazi-distrik in die bekende informele nedersetting, Soweto, geleë. Hierdie nedersetting, en Vilakazi-straat spesifiek, is van enorme politiese en geskiedkundige waarde vir Suid-Afrika. Die gastehuis is die agtste huis vanaf die Mandela Museum en net 4 minute se stap van die Hector Pieterson-gedenkteken af.
Die gastehuis bied verblyf in 3 en suite-kamers wat elkeen met 'n TV en tee- en koffiemaakgeriewe ingerig is. Gaste het toegang tot 'n gedeelde kombuis en 'n eetarea, en daar is 'n tuin waar gaste kan sit en ontspan. Die gastehuis bied beide B&B- en selfsorgverblyf. Veilige parkeerplek en WiFi is beskikbaar.
Tutu House, wat aan aartsbiskop Desmond Tutu en sy gesin behoort, is net 5 minute van die gastehuis af. Ander besienswaardighede sluit 'n toer van Soweto en Orlando Towers in waar die avontuurlustiges kan rekspring in die stad!
Kenmerke
Geriewe
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Ligging
- Ngakane-straat 8108, Orlando-Wes, Soweto, 1804, Gauteng
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ngakane-straat 8108, Orlando-Wes, Soweto, 1804, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom