Zororo Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

"Zororo" beteken "rusplek" in Shona, vandaar ons leuse: 'plek van kalmte'. By Zororo Lodge bied ons rustige akkommodasie, tegnologies gevorderde konferensiegeriewe, en fasiliteite vir troues en privaat funksies. Ons missie is om 'n kalm Ubuntu-ervaring vir vakansie-, sake- en konferensiereisigers te bied.

Kruiskulturele gasvryheid is vir ons baie belangrik en ons doen moeite om al vyf sintuie van ons besoekers te stimuleer.

Ons pragtige venue is goed geleë in Dalmada, net 5 minute se ry na die stadskern toe. Zororo beskik ook oor 'n puik restaurant, ontwerperskamers en ons is trots op ons uitstekende diens.

Zororo is ideaal vir sakekonferensies, personeelopleiding en geleenthede. Daar is 30 kamers wat in enige iemand se smaak sal val.

Die lodge is toegerus met WiFi vir sakereisigers en die billike tariewe maak dit die moeite werd om enige tyd gedurende die jaar by ons aan te klop.

Ons luukse kamers oortref altyd verwagtings en ons restaurant is bekend vir sy goeie verskeidenheid, kwaliteit en geregte wat netjies voorgesit word. Daar is ook 'n kroegfasiliteit by die moderne eetplek wat gebruik kan word vir funksies wat deur groot groepe bygewoon word.

Ons uitstekende sjef sal seker maak daar word aan al jou gaste se kulinêre behoeftes voldoen. Laasgenoemde word natuurlik soos VIPs behandel.

Zororo Lodge is na aan die SSG, lughawe, al die snelweë en die bekende Peter Mokaba Stadion.

Die lodge is ontwerp om 'n rustige wegbreek naby die stad se geriewe te bied. Ons het ook 'n pendeldiens.

Ons sien daarna uit om jou by Zororo te verwelkom.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Zororo Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R860 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]