Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Zoutpan Struishuis

Gastehuis
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Soutpanplaas, Albertinia, 6695, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R902 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Kombineer luukse akkommodasie met 'n plaaservaring deur een van die verskeie wildreservate in die omgewing te besoek.

Zoutpan Struishuis Gasteplaas bied die ideale wegkomkans, weg van jou alledaagse bekommernisse en probleme af! Die plaas is 1 km van die N2 af op die Tuinroete tussen Riversdal en Albertina geleë. Zoutpan is die ideale stopplek tussen Kaapstad en PE en George se lughawe is slegs 80 km van ons af.

Op die plaas sal jy die unieke versameling van sowat 6500 plantspesies van die Kaapse Fynbos kan sien. Hierdie plante groei nét in Suid-Afrika se kusgebied! Dit is die perfekte bestemming vir sakelui én toeriste. Verder is die Groot 5 by die nabygeleë wildreservaat te siene. Die reservaat is slegs 10 minute se ry van ons gastehuis af en bied selfs ook 'n gratis reptielpark.

Gaste sal die warm gasvryheid van Engela en Bertie Horn in hulle stylvolle Kaap-Hollandse eenhede aanvoel. Die gastehuis bied 5 verskillende selfsorg-eenhede en kan maksimum 26 gaste akkommodeer. Al die eenhede het 'n volledig toegeruste kombuisie, badkamers en aparte ingange. Die Luxury Lofts is nie selfsorg-eenhede nie. Hier kan jy asemrowende uitsigte oor die landerye aanskou.

Gaste kan gerus in die gemeenskaplike sitkamer en leesarea kuier. Leer ken die omgewing se plante en voëls deur op staptogte te gaan. Geniet 'n drankie langs die rotsswembad terwyl die son ondergaan of ontspan langs die vuurtjie. Breek weg van die besige stadslewe en kom kuier hier.

Ons kan wildritte by die Big 5 Natuurreservaat naby aan ons reël, so laat weet ons as jy belangstel. Daar is 11:00 en 14:00 'n rit teen R425 per persoon en dis elke sent werd vir alles wat mens hier sien! Kinders onder 12 jaar betaal halfprys en kleuters 'n kwart van die prys. Ons moet vooraf bespreek, so laat weet ons asseblief as julle belangstel in die Groot 5-ervaring!

Doendinge in die omgewing sluit wildritte, perdry, staproetes, 'n luukse bootrit, palings voer in die fontein, haaihokduik, jenewer-proe, vierwielmotorfietsry, paintball en ritte op olifante in.

Ons kan jou help om 'n wegbreek by ons te reël wat in al jou behoeftes sal voorsien en jou sak sal pas.

Nog besienswaardighede sluit die Alcare Aloe Factory, Aloe Ferox Aloe Factory, Garden Route Game Lodge, Garden Route Casino, Bali Trading Store en Albertinia Museum in.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Kantoorgeriewe
  • Internet
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 55 resensies vir Zoutpan Struishuis
Netheid
4.6/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Soutpanplaas, Albertinia, 6695, Wes-Kaap
  • Gaste dink Zoutpan Struishuis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R902
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R902
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Soutpanplaas, Albertinia, 6695, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc1YTI4MzI1LThmNzAtNDBjMC04YTZmLWVjOTI5ZjhlODQwMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R902 per nag (plek vir 2) 55 5 1 5 Soutpan Farm Albertinia 6695 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.200200736148 21.470895409584