Zvakanaka Gasteplaas

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hierdie rustige plek in die Soutpansberge, in Limpopo, bied 'n romantiese wegbreek vir 2, 'n verruklike familiekothuis vir 4 en 'n afgesonderde kampplek. Die plaas is die perfekte oornagplek op pad na Beitbrug, Mapungubwe en die Krugerwildtuin.

Igababa Cabin bestaan uit 'n ooplan-slaapkamer en -leefarea met 'n kaggel en 'n aparte kombuis en badkamer. Die badkamer het 'n toilet, wasbak en stort. Die kajuit kan slegs 2 mense in 'n dubbelbed akkommodeer: dit is nie geskik vir kinders nie.

Daar is 'n groot houtdek van die voorkant van die kajuit af en 'n braai-area langs die kombuis onder 'n doringboom. Daar is 'n swart 2 m x 3 m swembad langs die veranda. Onder die bome, met 'n pragtige uitsig van die berge, is 'n luukse ovaal dubbelbad.

Madala's Cottage het 'n groot hoofslaapkamer met 'n dubbelbed, met sy eie en suite-toilet en aparte stort. Die tweede slaapkamer is klein het het 2 enkelbeddens. Die kamer het sy eie stort en toilet. Vanuit die stort, deur glas skuifdeure, is 'n buitelugstort en dubbelbad in 'n geslote tuin. Daar is 'n oopplan-leefarea, -kombuis en -eetkamer. Daar is 'n Jetmaster-kaggel en beide slaapkamers het muurverwarmers.

Die tuin het groot deure wat kan oopmaak en wonderlike uitsigte van die bome en berg bied en gaste is totaal privaat. Indien 'n snoesiger gevoel verkies word kan die deure toe bly.

Daar is 'n klein swembad voor die kothuis met pragtige uitsigte van die berge. Daar is 'n vlak deel perfek vir kinders en 'n dieper duik deel.

Beide die kajuit en kothuis is volledig toegerus vir selfsorg. Daar is 'n gasstoof met 4 plate, 'n mikrogolfoond, yskas met klein vrieskas, 'n braaier buite en 'n vuurmaakplek op die grond. 'n Ruim hoeveelheid vuurmaakhout word voorsien. Daar is 'n TV, DStv Premium teen 'n ekstra koste en 'n CD/radiospeler. Die hoofhuis het 'n kamer met sy eie ingang met gratis en onbeperkte WiFi.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Zvakanaka Gasteplaas gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]