Kategorie: Avontuur

Prettige plekke op plase in die Wes-Kaap
Een van die mees Suid-Afrikaanse dinge wat jy kan doen, is om ’n vakansie op die plaas deur te bring. Hetsy jy ’n plaaskind in murg en been is of g’n idee het waar om jou soektog na plaasverblyf in die Wes-Kaap te begin nie, LekkeSlaap maak dit vir almal maklik om verblyf te vind. […]
23 Oktober 2024

Die sneeu val: Waar jy hierdie winter kan sneeukyk
Het jy al ooit in die sneeu baljaar of ’n sneeuman met ’n wortelneus gebou? As Suid-Afrikaners is ons met hanteerbare en matige weersomstandighede geseënd wat beteken dat sneeu nie vir ons ’n alledaagse verskynsel is nie. Maar dit sneeu tóg gedurende die winter in sekere dele van ons wonderskone land en LekkeSlaap wys vir […]
13 Junie 2024

’n Rinkinkkuier op die Tuinroete: Van Oudtshoorn tot Knysna
Hierdie week gons LekkeSlaap oor ’n kuier op die Tuinroete! Kom saam op ons reis deur asemrowende bergpasse en ontdek die wonders wat dit bied ─ pragtige natuurskoon, diere met vere tot plooie en salige toevlugsoorde. So, rol af en lees verder oor hierdie avontuur vol opwinding, skoonheid en verwondering! Kredouwpas Die Kredouwpas op die […]
22 Mei 2024

10 Blyplekke naby die Kruger-hekke
Die Krugerwildtuin is een van Suid-Afrika se juwele en lok elke jaar ’n string besoekers. LekkeSlaap het lieflike blyplekke naby die Krugerwildtuin se hekke uitgesoek om julle reis te vergemaklik. Ontspan in Sabie of rus in Skukuza, baljaar in Belfast of herlaai jou batterye in Hoedspruit. Jou volgende Wildtuin-wegbreek wag! Malelane-hek Hamiltons Lodge and Restaurant […]
8 Mei 2024

Mpumalanga: Aktiwiteite vir jou volgende avontuur
Mpumalanga is ’n pragtige provinsie propvol natuurlike wonders en avontuur-aktiwiteite wat besoekers van heinde en verre lok. Van ruwe berge, welige woude en watervalle, tot uitgestrekte vlaktes waar die wild vrylik rondloop, bied Mpumalanga ’n speelgrond vir alle soorte avontuursoekers. LekkeSlaap het ’n gids vir jou volgende besoek aan hierdie opwindende provinsie saamgestel én wys […]
25 April 2024

10 sakpaswegbreke naby Gauteng
Oorspronklik geskryf deur Nanje Lourens soos gesien op Maroela Media. Maak die heel beste van ’n naweek deur behoorlik van beknopte kantore, konstante e-posse en nimmereindigende verkeer weg te breek. Sit agteroor op ’n stoep met die bosveld as jou agterplaas of bespreek verblyf met betowerende berguitsigte wat die kantoordae soos iets van die verlede […]
4 April 2024

Lekker glanskampplekke in Limpopo
Vergeet van die kopseer en frustrasie om jou eie tent op te slaan wanneer jy met vakansie wil gaan. LekkeSlaap het ’n paar gunsteling-glanskampplekke in Limpopo uitgekies vir jou volgende vakansie! Vergemaklik jou wegbreek en vier fees by hierdie bestemmings. AfriCamps Magoebaskloof Haenertsburg By AfriCamps Magoebaskloof kan julle in die plaasdamme baljaar of kano vaar. […]
27 Maart 2024

Tyd staan stil in die Tankwa-Karoo
My pa is ’n 4×4-entoesias en as jy op enige oomblik van enige dag vir hom vra waarheen hy nóú sal ry, sal sy antwoord altyd die Tankwa-Karoo wees! Dit is ’n betowerende area wat jou altyd sal laat wil terugkeer om nóg te sien of om weer die rustigheid van die niksheid te ervaar. […]
7 Maart 2024








