Hierdie week gons LekkeSlaap oor ’n kuier op die Tuinroete! Kom saam op ons reis deur asemrowende bergpasse en ontdek die wonders wat dit bied ─ pragtige natuurskoon, diere met vere tot plooie en salige toevlugsoorde. So, rol af en lees verder oor hierdie avontuur vol opwinding, skoonheid en verwondering!

Kredouwpas

Karoo View Cottages_LekkeSlaap
Foto: Karoo View Cottages op LekkeSlaap

Die Kredouwpas op die R407 kronkel deur die skilderagtige Koue Bokkeveld-streek en verbind dié streek met die Groot-Karoo. Hierdie geskiedkundige pas is deur Thomas Bain, ’n bekende Suid-Afrikaanse padingenieur, gebou en in 1879 voltooi. Dit beskik oor indrukwekkende klipwerk en kronkelpaaie wat die ruwe terrein deurkruis en spog met asemrowende uitsigte op die berge en oor diep valleie en kristalhelder strome. Die Kredouwpas bied ook geleenthede vir stap, bergfietsry en 4×4-verkenning deur die pragtige natuurskoon.

Kliek gerus hieronder en bly ’n bietjie in die pragtige Prins Albert waar jy vir seker rus vir jou siel sal vind!

Mirtehof Guest Farm Estate

Swartbergpas

Swartbergpas_Natasha Labuschagne
Foto: Natasha Labuschagne

Die Swartbergpas is ’n ikoniese bergpas op die R328 wat as ’n nasionale monument verklaar is en die Swartberge met dorpe soos Oudtshoorn en Prins Albert verbind. Dié pas is in die laat 19de eeu ook deur Thomas Bain gebou en spog ook met merkwaardige ingenieurswese wat reisigers met asemrowende uitsigte oor die ruwe landskappe sal bederf.

Swartbergpas_Natasha Labuschagne
Foto: Natasha Labuschagne

Hierdie pas bied ’n panoramiese uitsig op die Swartberge se toringpieke, diep klowe en unieke rotsformasies. Dit het steil opdraandes, skerp draaie en asemrowende natuurskoon en is ’n gunsteling onder avonturiers en natuurentoesiaste wat die Tuinroete verken. Die Swartbergpas is ook ideaal vir aktiwiteite, soos voetslaan, bergfietsry en 4×4-roetes.

Bushman Valley

Kangogrotte

Kangogrotte_Natasha Labuschagne
Foto: Natasha Labuschagne

Gaan op ’n onvergeetlike reis deur die dieptes van die aarde met ’n besoek aan die Kangogrotte! Daar is twee toere om van te kies, naamlik die Heritage en Adventure Tour. Die Heritage Tour bied ’n rustige verkenningstog deur die eerste ses indrukwekkende sale en die African Drum Room, waartydens ervare gidse insig tot die grot se kulturele en historiese waarde voorsien. Durf die Adventure Tour aan wat deur diep, smal tonnels en opwindende gange kronkel en vir ’n adrenalien-gevulde ervaring sal sorg. Dit gaan deur die onvergeetlike ruimtes soos Lumbago Alley en Devils Chimney ─ maar let wel dat daar ’n groottebeperking is op die persone wat hierdie toer mag doen.

Kangogrotte_Natasha Labuschagne
Foto: Natasha Labuschagne

Ná die toer kan julle aan heerlike maaltye by die Spekboom Restaurant smul wat disse met die kenmerkende geure van die Klein-Karoo bedien. Daar is ook ’n interessante inligtingsentrum wat die konsep van tyd verduidelik sodat besoekers die prosesse wat die grot deur die eeue ondergaan het, om te lyk soos dit vandag lyk, kan verstaan. Die auditorium vertoon ook ’n film van 19 minute lank oor ’n ekspedisie na die Wondergrot (Cango 2), wat vir die publiek gesluit is. Onthou ook om die kuriowinkel te besoek wat oulike Afrika-geskenke en versamelstukke verkoop. 

Kangogrotte_Natasha Labuschagne
Foto: Natasha Labuschagne

Nuttige inligting: Besprekings moet vir beide toere gemaak word.
Tye: Die Heritage Tour vertrek elke uur vanaf 09:00 tot 16:00 en die Adventure Tour vertrek elke uur vanaf 09:30 tot 15:30.
Koste: Die Heritage Tour beloop R170 vir volwassenes en R120 vir kinders. Die Adventure Tour beloop R240 vir volwassenes en R170 vir kinders.
Kleredrag: Gemaklike skoene en klere, maar hou ingedagte dat die temperatuur in die grotte ’n konstante 20°C is.

Die Fonteine

Safari Ostrich Farm

Safari Ostrich Farm_Safari Ostrich Farm Facebook blad
Foto: Safari Ostrich Farm Facebook-blad

Kom besoek Safari Ostrich Farm waar jy ’n trekkertoer deur ’n volstruisplaas kan geniet! Die plaas is  net ses kilometer buite Oudtshoorn en beloof ’n prettige en interaktiewe ontmoeting met volstruise. Spring op die trekker en verken die telerskampe waar jy die Suid-Afrikaanse swart-, Keniaanse rooi- en Zimbabwiese blou-volstruis sal sien. Maak dit ekstra pret en koop ’n houer volstruisvoer en laat hulle uit die bak uit eet, maar net drie pikke word toegelaat, anders sal hierdie slinkse volstruise met jou bak weghardloop! Tydens die toer kan jy een van hulle reuse-eiers vashou en selfs op die eiers staan. 

Safari Ostrich Farm_Natasha Labuschagne
Foto: Natasha Labuschagne

Dis ook nie nodig om honger op die trekker te klim of met ’n leë maag huis toe te gaan nie, want die plaas spog ook met ’n paar eetopsies. Die restaurant bedien uitvoergraad-volstruisfilet en die kafee bedien varsgemaakte maaltye of verfrissende drankies wat jy kan bestel. Onthou ook om ’n draai by hulle winkel te maak wat ’n wye reeks pragtige volstruisleer- en veerprodukte verkoop.

Safari Ostrich Farm_Natasha Labuschagne
Foto: Natasha Labuschagne

Nuttige inligting: Bespreek aanlyn en spaar 20%, maar besprekings moet een uur voor aankoms gemaak word om die afslag te kry. Maak seker dat jy vyftien minute voor die toer vertrek, reeds daar is.
Tye: Die toere vertrek Maandag tot Sondag, op die uur, tussen 09:00 en 16:00 en hulle is elke dag, behalwe op Kersdag, oop.
Koste: Kostes beloop R194 vir volwassenes en R97 vir kinders.

Soetdoring Selfsorg

Robinsonpas

Robinsonpas_Berluda Farmhouse and Cottages_LekkeSlaap
Foto: Berluda Farmhouse and Cottages op LekkeSlaap

Die Robinsonpas is ’n bekoorlike bergpas op die R328 wat Mosselbaai en Oudtshoorn verbind en sal reisigers met idilliese uitsigte op die Outeniekwaberge en oor die omliggende platteland bederf. Hierdie kronkelende pas het steil hellings en is oorspronklik in die laat 1800’s gebou, maar is deur die jare verskeie kere opgradeer en verbeter sodat dit veiliger en meer toeganklik vir motoriste is. Op die Robinsonpas sal jy ’n verskeidenheid plant- en dierelewe, soos fynbos, inheemse woude en ’n ryk voëllewe, kan ervaar.

Kom vertoef in die fraaie dorp Oudtshoorn wat as die ideale wegspringplek vir hierdie roete sal dien ─ kliek sommer hieronder om ’n paar opsies te sien.

Berluda Farmhouse & Cottages

Outeniekwapas

Outeniquapas_Natasha Labuschagne
Foto: Natasha Labuschagne

Die Outeniekwapas skuil op die N9 in die hartjie van die Tuinroete en is ’n skilderagtige bergpas wat die dorp George met die Klein-Karoo verbind. Hierdie pas spog met asemrowende uitsigte op die Outeniekwaberge en is in die laat 1940’s gebou. Dit word as ’n meesterstuk van ingenieurswese beskou en het talle gedeeltes wat deur die berg sny en keerwalle om die steil terrein te navigeer. Soos die pad deur die skilderagtige landskap kronkel, sal jy verskeie uitkykpunte teëkom wat die perfekte fotogeleentheid is. Die Outeniekwapas is die ideale bergpas vir ’n rustige, prentjiemooi rit of dié wat avontuurlustige staproetes wil aanpak.

Loer gerus na ’n paar lekker verblyfopsies op die Tuinroete of kliek hieronder om lieflike plaasstyl-verblyfopsies in en om Herold te sien.

Over the Mountain Guest Farm

Knysnawoud

Knysnawoud_Glenview Heads Apartments_LekkeSlaap
Foto: Glenview Heads Apartments op LekkeSlaap

In die Knysnawoud skuil wonders en misterie agter elke boom. ’n Besoek aan hierdie woud beloof ’n magiese reis deur die natuur waar oeroue bome elke legende wat daardeur gewandel het se geheime fluister. Gaan sit gerus onder Dalene Matthee se boom, ’n Outeniekwageelhoutboom wat 880 jaar oud is en kop en skouers bo Krisjan-se-Nek uitstaan. Hierdie majestueuse reus is ter ere van die skrywer Dalene Matthee vernoem omdat sy gereeld daaronder sou sit om inspirasie vir haar skryfwerk te kry. Dit dien nou as ’n herinnering aan die bos se blywende nalatenskap.

Knysnawoud_Natasha Labuschagne
Foto: Natasha Labuschagne

Die Garden of Eden is in die Knysna-gedeelte van die Tuinroete Nasionale Park, langs die N2 tussen Knysna en Plettenbergbaai geleë. Hiér kan jy jouself in die asemrowende skoonheid van die woud, met ou geelhoutbome, welige plantegroei en kabbelende strome, verdiep. Daar is ook ’n Rooted in Time Self-Drive-4×4-roete waar jy die woud met ’n voertuig kan verken. Op hierdie rit sal avonturiers deur die Diepwalle- en Gouna-woude gaan en kulturele terreine, hoë bome en uitsigte op die berge ontdek. Vir diegene wat graag oor die woud se ryk geskiedenis wil leer, is die Forest Legends Museum by die Diepwalle-afdeling van die Tuinroete Nasionale Park iets wat besoek moet word. Delf hiér dieper in die verhale van houtkappers, gouddelwers en die legendariese Knysna-olifant!

Knysnawoud_Natasha Labuschagne
Foto: Natasha Labuschagne

Jubilee Creek bied die perfekte piekniekplek met braaigeriewe op die oewer van ’n salige spruit. Jy kan selfs die verborge wonders langs die ou mynpaadjies ontdek soos jy op die roete op pad na die waterval dwaal. 

Koste: Kostes beloop R47 vir volwassenes en R23 vir kinders van twee tot elf jaar.

Bolton on Crescent

Knysna Elephant Park

Knysna Elephant Park_Natasha Labuschagne
Foto: Natasha Labuschagne

Ervaar ’n buitengewone avontuur by Knysna Elephant Park, die eerste fasiliteit in Suid-Afrika wat aan die versorging en bewaring van weesolifante toegewy is. Hierdie park is in 1994 gestig en bied ’n veilige hawe aan meer as veertig olifante wat vrylik in hul natuurlike habitat kan loop. Die park het die grootste mak matriargale trop olifante in die land en bied die geleentheid om op ’n verantwoordelike en opvoedkundige wyse met hierdie sagmoedige reuse in aanraking te kom.  

Knysna Elephant Park_Natasha Labuschagne
Foto: Natasha Labuschagne

Die park se fasiliteite sluit ’n navorsingseenheid, vrywilligersprogram, inligtingsentrum, restaurant, speelarea en kuriowinkel in en verseker ’n omvattende ervaring. Jy kan aan verskeie ervarings deelneem waarvan een die Meet our Herd Tour is. Met kundige gidse aan jou sy het jy ’n kans om die olifante te voer, saam met hulle te stap en foto’s te neem. Die Elephant Experiences Tour bied ’n skilderagtige reis deur die park waar die gidse vir jou interessante verhale oor die olifante sal vertel. 

Knysna Elephant Park_Natasha Labuschagne
Foto: Natasha Labuschagne

Kom skep blywende herinneringe en dra tot die versorging en welstand van hierdie olifante by. Elke besoek ondersteun die park se missie om die beste moontlike fasiliteite, kos en toekoms aan die olifante te bied. 

Nuttige inligting: Suid-Afrikaners moet hul geldige ID of rybewys met aankoms wys.
Tye: Die park is 365 dae van die jaar oop en toere skop elke halfuur van 09:00 tot 16:00 af. Vroegoggend- en laatmiddagervarings is beskikbaar.
Koste: Kostes beloop R385 vir volwassenes en R200 vir kinders.

Sunset Lane Fairmile Point

Of jy nou die asemrowende bergpasse baasraak, die Kangogrotte verken, vriende met die sagmoedige reuse maak of deur die Knysna-woud wandel, beloof die Tuinroete onvergeetlike avonture vir ’n ieder en ’n elk! So, pak jou tas, spring in die kar en kom geniet jou eie rinkinkkuier! En wanneer dit tyd is om te ontspan, bespreek jou verblyf by een van ons lekke blyplekke wat die perfekte rusplek tydens jou reis vol avonture sal bied!

Hooffoto: Aardts CabinsLekkeSlaap

Lees ook: 

10 Blyplekke naby die Kruger-hekke

Mpumalanga: Aktiwiteite vir jou volgende avontuur

Vindoux Guest Farm & Spa: Ervaar dié saligheid eerstehands

Gratis avonture vir jou verjaarsdag in Kaapstad