Is jy gereed vir die somer? Wel, Tulbagh het nét die ding vir jou! Dié skilderagtige, historiese dorpie bied van 7 November 2015 tot 5 Maart 2016, een Saterdag per maand, ’n skouspelagtige vertoning aan. Die Heuwels Fantasties, Arno Carstens, Karen Zoid, Jack Parow en Francois van Coke tree almal op, en na die tyd kan jy skouers skuur met die koel kunstenaars by die amptelike partytjie. Klink na pret, of hoe?

Dié unieke Afrikaanse elektro pop- en rockgroep skop die somerkonsertfees af op die regte noot!

Hierdie bekroonde sanger het al 5 solo-albums op sy kerfstok en sal jou in Desember bekoor.

Karen Zoid sal seker maak dat jy tot diep in die nuwe jaar nog plesierig is.

5

Of jy nou dink jy is “cooler” as hy of nie, jy mag nie die koning van Afrikaanse rap misloop nie!

6

Hou hard partytjie saam met Francois van Coke wanneer die somerseisoen tot ’n einde kom.

Dit is ’n piekniek-konsert, so maak seker jy bring jou bont kombers en ’n gemaklike kussing of twee sodat jy heelaand kan saamsing (geen kampstoele word toegelaat nie). Kom kry dan vir jou ’n plekkie op die gras by die tuine in Kerkstraat. Drankies en eetgoed is op die perseel te koop. Moenie vergeet om die wyne uit die Tulbagh-vallei te proe nie. Jy mag nie jou eie alkohol bring nie, maar kan dit by die biertuin op die perseel koop. Plattelandse kos met ’n fynproewerskinkel is te koop, so jy hoef nie die pad met ’n leë maag aan te pak nie. Die amptelike partytjie word na die tyd by De Kreeft Stamkafee by Saronsberg Teater in Tulbagh gehou, waar jy kan kuier saam met die kunstenaars wat jy sopas in lewende lywe op die verhoog gesien het.

Koop jou kaartjie by Computicket of sommer by die Tulbagh Hotel teen R150. As jy opskud en jou kaartjie meer as ’n maand voor die vertoning koop, kry jy dit teen ’n lekke afslagprys van net R125. Kinders tussen 4 en 12 betaal net R125 en vir kinders onder 4 is die konsert pasella. Parkeerplek is beskikbaar by Tulbagh Hoërskool se sportvelde net van Kerkstraat af.

1

 Tulbagh Hotel

Bespreek ’n plekkie by Tulbagh Hotel as jy sommer huis toe wil stap na die konsert. Konsertkaartjies is ook hier te koop ─ ’n alles-in-een-lêplekkie.

Druk My Niet Stud Farm

Druk My Niet Stud Farm is net buite Tulbagh en dis ideaal vir ’n vriendegroep wat wil wegbreek van die gonsende dorpie af

Vier dié somer op die regte manier! Kom kuier saam by die Tulbagh Somerkonsertreeks

Untitled design

Baie dankie aan Gavin Meiring en Liana Schonken vir die foto’s en inligting.
Hooffoto deur Perthenia Thomas, LekkeSlaap se grafiese ontwerper.