
10 Lekke resepte vir Wêreldkosdag!
Vandag vier ons Wêreldkosdag op ʼn gepaste wyse – 10 liplekker resepte uit die LekkeSlaap-span se eie kombuise en familieresepteboeke. Ons het iets vir elke geleentheid, van melkkos tot spaghetti bolognaise, en van gemmerpoeding tot viskoekies. Só vier ons ons land se eie diverse koserfenis en voeg ʼn paar internasionale disse ook by die potjie! […]
16 Oktober 2015

5 Redes vir Alleenreis
Mark Twain het destyds gesê: “Om die volle waarde van geluk te kry moet jy dit met iemand deel.” Maar was hierdie Amerikaner met die weglêsnor heeltemal reg? Moet my nie verkeerd verstaan nie – min goed is so lekker soos ’n glas wyn saam met jou geliefde en ’n uitsig oor die bosveld, die eindelose oseaan […]
14 Oktober 2015

’n Sprokiesagtige wittebrood by Schoone Oordt Country House
Schoone Oordt Country House is langs ’n welige, skaduryke woudjie aan die oewer van die Kroonlandsrivier in Swellendam versteek. Dié droombestemming is as een van die top romantiese hotelle bestempel en die beeldskone, romantiese wittebrood-suite bevestig net weereens dié status. Die elegante hotel is in 1983 as ’n Nasionale Monument verklaar en spog met pragtuine, […]
12 Oktober 2015

Pure pino-plesier
Dié treffende aanhaling begroet ’n mens wanneer jy by Kanonkop Wynlandgoed se proelokaal instap. Vinnig besef ’n mens dat dit nie sommer net ’n tong-in-die-kies-stelling is nie ─ in Suid-Afrika is die wynmakers doodernstig oor hul pinotage-passie! Dit is immers Suid-Afrika se enigste inheemse variëteit en wyn wat uniek is aan ons pragtige land. Alles begin […]
9 Oktober 2015

10 Swemvakansies in die Binneland
Ons is almal vertroud met die bekende seekant-swemvakansies wat dié tyd van die jaar weer kop uitsteek! Wel, vandag het ons vir jou ’n paar plekkies teen die water gaan soek wat nie aan die wonderlike Weskus is nie, maar langs ’n dam of aan die oewer van ’n rivier in die bekoorlike binneland. Kom […]
7 Oktober 2015

15 Troeteldiervriendelike blyplekke in die Wes-Kaap
Is jou vierpotige vriend moeg vir die hondeherberg? Kyk hy of sy met verlangende oë na die voertuig terwyl jy inpak vir jou lang vakansiewegbreek? LekkeSlaap het besef ons kliënte het ’n dringende behoefte aan troeteldiervriendelike verblyf in elke provinsie … en raai wat? Ons weet van ’n hele paar plekke regoor die land! Vandag het […]
1 Oktober 2015

Blyplekke met Bobaas Braaiplekke
Reg julle, dis weer daai tyd van die jaar wanneer almal om die braai baljaar. ’n Braai is mos so Suid-Afrikaans soos biltong en boerewors, so steek maar op die 24ste September jou vuurtjie aan. Ons het ’n paar plekkies gaan vind waar jy sommer tjop-tjop jou vleisie op die kole kan gooi. Kom kyk […]
23 September 2015

La Provence d’Afrique
Verbeel jou, ʼn wittebrood in die suide van Frankryk! Jy en jou liefie loop hand aan hand in die keisteenstraatjies rond ─ verby ʼn man met ʼn beret wat trekklavier speel ─ en loer in by ʼn café vir espresso en croissants. Dit klink ongelooflik, maar visums en verbindingsvlugte is ʼn droewe vooruitsig. Dis hoekom […]
22 September 2015








