
OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Pietman Geldenhuys en Wicus Van Der Merwe
Dokters meen dat lag en goeie musiek ’n mens se lewe drasties kan verleng, daarom skryf ons Wicus Van Der Merwe en Pietman Geldenhuys se Kombi-nasie-vertoning voor om die naderende wintergriep hok te slaan! Dit raak hoeka nou tyd vir Walviskyk in Hermanus, en Hartenbos aan die Tuinroete is ook mooi hierdie tyd van die […]
15 April 2019

OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Sandra Prinsloo
Die jaar is ryp met April se amberblaarkomberse wat die strate bedek en OPTOG! se kombi-vloot staan slaggereed om die landspaaie tot in Bloemfontein met roomyskleure te verf! Nataniël se fluweelmantels en blink rokke hang reg om jou in swierige styl te laat skaterlag en Sandra Prinsloo se verhoogpolvye staan blink gepoets om jou met […]
8 April 2019

Oros is ’n dorp in Namibië
Dis 21 Desember en ek en Kallie reis vanaf Kaapstad — die stormstad en tuiste van Tafelberg — na Namibië — die land van sand, etlike landskappe, treffende sonsondergange, kaal vlaktes en brötchens. Almal weet dié pad kan lank en eentonig raak en ’n mens se ooglede maar swaar so op die langpad ─ veral […]
3 April 2019

OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Joshua na die Reën
Dié week reis die OPTOG!-kombi’s vanaf Port Elizabeth en die Paarl na Kathu, en sterre soos Nataniël, Coenie de Villiers en Deon Meyer sluit by dié teater-troebadoer-toer aan ─ alles in die naam van vermaak! Hierdie week tree Joshua na die Reën (JNDR) in die klein dorpie Kathu, in die Noord-Kaap op en LekkeSlaap het […]
2 April 2019

’n Handvol redes om die salige Sederberge te besoek
Soos gesien op Maroela Media. Die Sederberge is een van die Wes-Kaap se juwele. Met sy betowerende rotsformasies, ongerepte natuurskoon, oeroue rotstekeninge en hemelse stilte, bied dié area ’n idilliese wegbreek. Dis slegs 250 kilometer noord van Kaapstad en strek vanaf die Sederberge by Citrusdal en Clanwilliam, regdeur die Middelvallei van die Olifantsrivier tot by […]
29 Maart 2019

12 Redes om die Twelve Apostles Hotel and Spa te besoek
By die Twelve Apostles Hotel and Spa in die mooie Moederstad kan jy uitstekende diens, vyfster-geriewe én ’n wêreldklas uitsig te wagte wees. Maar al kyk hierdie indrukwekkende hotel oor Suid-Afrika se duurste kuslyn uit, hoef jy nie ’n bank te beroof om ook dié luukshede te ervaar nie. LekkeSlaap gee twaalf redes waarom hierdie […]
27 Maart 2019

8 Bergwegbreke om Gautengers op te beur
Soos gesien op Maroela Media. Jy is pootuit ná ’n eindelose week op kantoor, maar om nóg ’n naweek met Jan Tuisbly se karretjie te ry gaan nie die gewenste uitwerking op jou gemoed hê nie ─ jy het ’n blaaskans nodig! Daarom stel LekkeSlaap voor jy verruil Gauteng se asvaal wolkekrabbers vir Noordwes en […]
26 Maart 2019

7 Sommer-so-sien skeepswrakke…
In die sowat 531 jaar nadat Bartlomeus Dias die Kaap as “Die Kaap van Storms” gedoop het, het dié ongenaakbare kuslyn van tientalle skepe metaalspoke gemaak. Sommige van die ongelukkige wrakke is deur die see geëis en is so te sê vergete, maar, sommiges kan, ten minste gedeeltelik, van die land af gesien word. So, […]
20 Maart 2019





