
10 Nostalgiese plaasvakansie-plekke
“In die Hoëveld, waar dit oop is en die hemel wyd daarbo, Waar kuddes waaigras huppel oor die veld, Waar ’n mens nog vry kan asemhaal en aan ’n God kan glo, Staan my huisie, wat ek moes verlaat vir geld.” – Toon van der Heever Die Afrikaanse geskiedenis is ferm gewortel in die wye, […]
6 September 2016

Strandvakansies sonder die skares
Augustus het tot ’n einde gekom en September skitter in doudruppels op die heldergroen babablaartjies wat kop uitsteek in die wingerde, in die boorde en in die bome wat ons strate omsoom. Dis lentetyd in die suide en oral hinkepink lammertjies op onvaste beentjies al agter hul stowwerige ma’s aan, bloeisels tooi die boorde in […]
2 September 2016

Ons gids tot ’n wegbreek in Greyton!
Die Overberg het soveel bekoorlike bestemmings op pad na Hermanus en al langs die N2, maar baie reisigers vergeet van Greyton ─ ’n gasvrye dorpie wat aan die lowerryke voet van die Sonderendberge versteek is. LekkeSlaap is lief daarvoor om in súlke dorpies te gaan rondsnuffel en die beste blyplekke, restaurante, koffiewinkels, snuisterywinkels en unieke doendinge […]
11 Augustus 2016

Pret en plesier by Piekenierskloof
Piekenierskloof Mountain Lodge is al jare lank ’n gewilde bestemming vir gesinne, wittebroodpaartjies en vriende wat saam wegbreek. Dié lodge is tussen die berge op die Piekenierskloofpas naby Citrusdal op die N7 geleë en is een van die gewildste stopplekke op die Weskus se nuwe selfry-bergroete. Dié bergroete begin in Velddrif en loop verby allerhande eiesoortige dorpies […]
20 Julie 2016

Kuier soos ’n koninklike in Prins Albert
“The nothingness, the wide open spaces and the deafening stillness … this is the magic of Prince Albert, Jewel of the Great Karoo.” ─ Anonymous Prins Albert is een van Suid-Afrika se mooiste versteekte bestemmings aan die voet van die Swartbergpas. Hierdie lieflike, geskiedkundige dorpie is op die drumpel van die Groot Karoo in […]
15 Julie 2016

Voilà! Jou gids tot Franschhoek en die Bastille-fees
Franschhoek is as’t ware ons eie stukkie Europa en die naweek van 16 en 17 Julie 2016 word daar ook ’n Franse fees in dié pragdorpie gevier. Danksy Franschhoek se Franse flair is dit die perfekte romantiese bestemming, maar by die 23ste Bastille-fees wat dié naweek gevier word, sal die héle gesin hul gate uit […]
13 Julie 2016

Welkom: SA se jongste goudstad
Die interessante ding van Welkom, buiten die vriendelike en verwelkomende naam, is dat dit Suid-Afrika se jongste stad is. Welkom is in 1947 op ’n plaas 11 km suid van Odendaalsrus uitgelê. Dit is oorspronklik deur William Backhouse, die stad- en streeksbeplanningskonsultant vir Anglo American, as ’n tuinstad ontwerp. Hy het stopstrate en verkeersligte uitgeskakel […]
8 Julie 2016

Raar maar waar 2: nóg buitengewone blyplekke in SA
Wie wil nou in ’n gewone hotel of gastehuis gaan slaap as jy in ’n huis, paleis, pondok of hok kan bly? Ons het nóg 15 besonderse en eienaardige plekkies op LekkeSlaap gaan soek. So, kliek gerus op die foto’s as jy nuuskierig is oor dié buitengewone blyplekke. Die alledaagse lewe kan soms so eentonig […]
1 Julie 2016








