“In die Hoëveld, waar dit oop is en die hemel wyd daarbo,
Waar kuddes waaigras huppel oor die veld,
Waar ’n mens nog vry kan asemhaal en aan ’n God kan glo,
Staan my huisie, wat ek moes verlaat vir geld.”
– Toon van der Heever

Die Afrikaanse geskiedenis is ferm gewortel in die wye, oop vlaktes wat nét die platteland kan bied ─ daarom smag ons elkeen soms na vakansies op die plaas waar Ouma nog egte mosbeskuit in die Aga-stoof gebak het, waar ons die oop ruimtes kon platloop, kleilat kon gooi en in die plaasdam kon gaan swem het.

Ruil vandag se rumoer vir ’n outydse toer en reis terug na die land van kleure en klank waar waaigras huppel oor die veld, met die koeitjies in die klawer, daar ver in die ou Kalahari. LekkeSlaap het vir jou ’n paar heerlike blyplekke vir ’n plaasvakansie, op ’n nostalgiese Afrikaanse noot, gaan uitsoek.

1

“O, ek het ’n perd, ’n blink vosperd … ” (uit die FAK-sangbundel)

lyden1

lyden5

Kon jy as kind kaalvoet in die veld stap, veilig en ver verwyder van die stad? Keer terug na ’n plek waar jy ware plattelandse gasvryheid kan geniet, kan perdry in die veld met die wind in jou hare, ’n hanslam kan help voed en net kan ontspan terwyl die kleinspan veilig speel. Lydenrust bied jou só toevlugsoord met die magiese Steenkampsberge as agtergrond en ’n uitsig oor die Kwena-dam as voorgrond. Bring die hele gesin vir ’n heerlike gesinsvakansie in Mpumalanga waar jy tussen die plaasdiere kan baljaar terwyl jy omring word deur die beeldskone natuurskoon.

lyden3

lydenbed

Kliek hier vir meer inligting.

2

“Ai, my lam, as die hemel aan jou lippe hang  …”   (Ryno Velvet)

ganora1

ganora2

Kom ervaar ware Karoo-gasvryheid op sy beste by Ganora, ’n skaapplaas digby Nieu-Bethesda, ’n bekoorlike dorpie in die Groot-Karoo. Hier kan jy al die bedrywighede op van ’n skaapplaas eerstehands beleef en die area verken wat deurspek is met ’n ryk geskiedenis. Verlustig jou in die magiese Karoo-sonsondergange en eindelose oop ruimtes en gaan tuis in ’n kothuis wat eens ’n skaapkraal was. Die plaas bied 4X4-, bergfiets- en staproetes, rivierpoele om in te swem en voëlkyk. Jy kan dit selfs waag om die hoogste alleenstaande piek in die Oos-Kaap, Kompasberg, gaan uitklim. Besoek gerus ook Nieu-Bethesda se wêreldbekende Uilhuis, of gaan wandel deur die dorp se stofstrate waar donkies, perde en skape vryelik in die strate wei.

ganora3

Kliek hier vir meer inligting.

3

“Dis ’n land van kleure en klank. Dis ’n land van oorvloed en dank.” (Carike Keuzenkamp)

dassen5

dassen4

Dassenheuwel is omring deur golwende, groen heuwels en geel kanolavelde en bied ’n ware plaasvakansie in die beeldskone Malmesbury-omgewing, net ’n hanetreetjie buite die stad, maar steeds ver genoeg verwyder dat jy jou batterye kan herlaai sonder die lawaai. Jy kan die die nabygeleë Porseleinberge uitklim en die skilderagtige natuurskoon sit en bewonder terwyl die kalm atmosfeer van die platteland jou sommer behoorlik laat ontspan. Verder is hier ook meer as genoeg doendinge om die hele gesin besig te hou en dis die ideale blyplek as jy die skilderagtige Swartland wil gaan verken.

DASSEN3

dassen8

Kliek hier vir meer inligting.

Plaasvakansies

“My hart verlang na die Boland …” (Gé Korsten)

boesman1

boesman3

Kom skep ’n slag weer vars lug hier by Boesmansdrift. Dié plaas bied selfsorgverblyf langs die Breederivier en is omring deur Bolandse wingerde en vrugteboorde wat elke lente in bloeisels getooi is. Jy kan sommer ook jou visstok en kano saambring aangesien die huis net ’n kort entjie se stap van die rivieroewer af is. Kom ontspan vir ’n naweek hier en verken die beeldskone Boland.

boesman4

Kliek hier vir meer inligting.

4

“Ver in die ou Kalahari …” (Jim Reeves)

wildspan3

wildspan2

As jy nou ’n egte Kalahari-plaas wil beleef, is dít die plek om te wees  ─ Wildspan is op ’n oop Kalahari-veld van meer as duisend hektaar geleë! Hier kan jy sien hoe die eienaars met skape, beeste en bokke boer, maar ook op wildritte of begeleide staptoere gaan. Die jongspan kan gaan swem in die plaasdam en help om die lammetjies te voer. Saans kan jy met ’n skemerkelkie in die hand voor jou huisie sit en kyk hoe die son oor die Kalahari sak en die sterre die hemelruim laat skitter.

wildspan1

Kliek hier vir meer inligting.

6

“In die hart van ons land, in die Groot-Karoo, lê Graaff-Reinet uitgeswel …“ (Randall Wicomb)

langfontein2

langfontein

Kom kuier gerus in dié outentieke plaashuis met sy hoë plafonne, ruim leefarea en egte plaaskombuis. Die geskiedkundige Langfontein Gasteplaas dateer uit 1860 en sommige van die geboue selfs uit die 1830’s. Dié beeldskone Karoo-plaas bied alles wat jy van só plaas sal verwag: ware stilte, luisterryke, oop vlaktes, vars lugmagiese sterreruim, en die kans om te sien hoe wolboere met hul skape boer.

langfontein4

Kliek hier vir meer inligting.

7

“O bring my t’rug na die ou Transvaal …” (Sarie Marais, FAK-sangbundel)

thaba6

thaba2

Keer terug na die ou Transvaal en gaan tuis op dié beeldskone wild- en veeplaas digby Magaliesburg in Gauteng, net ’n klipgooi buite die stad. Die plaas bied gerieflike selfsorgverblyf vir gesinne, so bederf die kleinspan met ’n heerlike vakansie waar hulle Nguni-beeste en Pedi-skape van nader kan beskou. Daar is ook ’n groot verskeidenheid wild wat saam met die skape en beeste wei ─ dit sluit hartbeeste, elande, gemsbokke, njalas, sebras, blesbokke en grasieuse kameelperde in. Verder is daar ook pragtige plaasroetes wat jy te perd, met ’n fiets of te voet kan aanpak.

thaba5

Kliek hier vir meer inligting.

8

“O boereplaas, geboortegrond … ” (CF Visser)

gecko1

gecko2

Verruil die stad vir ’n vakansie op dié boereplaas in die Wes-Kaap waar jy vir kilometers tussen die fynbos kan gaan stap sonder om ’n ander siel raak te loop. Beleef ’n ongeëwenaarde vakansie in die Breederivier-vallei met ononderbroke uitsigte, ’n beeldskone sterrehemel en dae lange staptogte met hope doendinge vir oud en jonk. Laat die jongspan ’n ware plaasavontuur beleef en kies koers na Gecko Rock vir jou volgende gesinsvakansie.

gecko3

Kliek hier vir meer inligting.

9

“Dit is lente in die Boland … ” (Koos Kombuis)

plaas2

Op dié Bolandse plaas kan jy tuisgaan tussen die bloeisels van die vrugteboorde wat die huisies omring. Daar is meer as genoeg doendinge vir ieder en elk, soos heerlike wandelroetes waarop jy die omgewing te voet kan verken. Dis ook die ideale blyplek as jy van plan is om die res van Roete 62 te gaan ontdek.

plaas3

Kliek hier vir meer inligting.

10

“En dit is hemel op die platteland …” (‘Polisiekar)

sweet7

sweet4

As jy smag na ’n plaasvakansie sonder om enige van die stad se luukshede prys te gee, is Sweetfontein jou droombestemming. Hier kan jy ontspan en jou verlustig in die rustige natuurskoon terwyl jy in ’n boetiekgastehuis met luukse dekor en kunswerke bly. Buiten dit kan jy kom smul aan egte Karoo-geregte en fynproewersdisse ─ daar is iets vir elke smaak of keur! As jy vars lug wil skep kan jy ure lank gaan stap op die plaas met sy groen en bruin skakerings, ’n ware Pierneef-palet van kleur.

sweet5

Kliek hier vir meer inligting.
—- 

Smag jy na ’n wegbreekplek op die platteland? As dit kom by vakansie, bied LekkeSlaap jou die heel beste keuses regoor die land, hetsy in ’n outentieke Karoo-opstal, op ’n wynlandgoed of ’n vrugteplaas. Ontsnap gerus uit die stad en alledaagse gejaag met een van LekkeSlaap.co.za se nostalgiese plaasblyplekke waar kuddes waaigras huppel oor die veld, en waar ’n mens nog vry kan asemhaal …


Hooffoto: Doornberg Guest FarmLekkeSlaap.co.za.
Alle ander foto’s: Instansie-foto’s vanaf LekkeSlaap.co.za.