
10 Storieboek-blyplekke vir jou volgende vakansie
Die nostalgie pluk aan jou hartsnare sodra jy begin terugdink aan die stories van jou kinderdae. Die boeke waardeur jy liefderik geblaai het, sonder om al die woorde te verstaan. Die prentjies wat jy met jou vinger nagetrek het op die kleurvolle blaaie wat altyd met slapenstyd te voorskyn gekom het. Storieboeke, sprokies, rympies. Elkeen […]
18 Mei 2016

’n Reis na gister
“Die dag is verby, Nog ’n week nog ’n maand; O, waar loop die tyd met ons heen? Onthou jy hoe ver moes ons skool toe stap? En sou jy my fliek toe vra; Dan moes ons jou tjor aan die brand kry, ek en jy. Ja, dit was die goeie ou dae …” sing […]
12 Mei 2016

Die Wêreld is jou Woning in SA
Mense reis om verskillende redes. Dalk reis jy om ’n sekere land se kos, kultuur of natuurskoon te ervaar. Sekere lande besoek ’n mens egter om die interessante argitektuur en die spesifieke blyplekke te beleef, maar ons het goeie nuus. As jy in Suid-Afrika woon, kan jy sommer ’n hele klompie wêreldwonings wat eie is […]
6 Mei 2016

Manjifieke Moedersdag-bederfies
Ja, jy het reg geraai … Die jaar vlieg verby en Moedersdag is alweer om die draai! Die vier van moeders en moederskap het al in die Griekse en Romeinse mitologie begin, hoewel hulle in daardie tyd net offers aan godinne gebring het. In ons moderne wêreld word Moedersdag jaarliks op die tweede Sondag in […]
29 April 2016

Verken die Weskus só: 2 nuwe West Coast Way-roetes
Vir die meeste mense is die Weskus sinoniem met vissershuisies, Paternoster se strand, kreef, branders wat op die rotse breek en skouspelagtige sonsondergange oor die Atlantiese Oseaan. Tog het ons onlangs uitgevind dat ’n paar van die Weskus se skatte ’n bietjie verder van die kus af lê … Ons het saam met West Coast […]
22 April 2016

7 Hipster joints in Jozi
Ek haat hipsters. Hulle outydse truie laat my na my ouma verlang. Ek haat hulle puik koffie, hulle gourmet-burgers, hulle boetiekbier wat my verbeelding met goue garslande besoedel, hulle perfekte Pulled Pork-toebroodjies wat met my kop smokkel. Hipsters is nie haastig nie, mens wag lank vir die kos, maar as die baardman met die verveelde uitdrukking uiteindelik die […]
20 April 2016

Besoek ons botaniese tuine
Of jy nou die Kaap of die Karoo besoek, bied Suid-Afrika ’n groot verskeidenheid asemrowende natuurskoon. Suid-Afrika is een van die mees biologies diverse lande in die wêreld, net ’n kort koppie agter Indonesië en Brasilië. Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteit Instituut (SANBI) word ons nie net omring deur twee oseane nie, maar beslaan die […]
14 April 2016

Kom kuier in Riebeek-Kasteel!
Stel jou voor … Jy sit op ʼn groot stoep met ʼn stomende koppie fynproewerskoffie, ʼn goeie boek en ʼn pak sjokoladekoekies wat jy stadig maar seker sit en verslind. Jy kyk op en sien hoe ʼn kat op die huis oorkant se balkon homself luilekker uitstrek en verder ʼn middagslapie vang. Iewers in die […]
8 April 2016








