
’n Salige Saterdag in Steytlerville
Daar is net een pad in en uit Steytlerville en dit is ook reg so, want as jy eers in dié Karoodorp is, wil jy in elk geval bly. Dít kan aan die wapens van Steytlerville se gevestigde families wat in die hoofstraat hang gesien word, asook aan die sestal doodgelukkige “nuwe” inwoners wat ons […]
15 Januarie 2020

LekkeSlaap se Knysna-reislys
Knysna het só baie te kus en te keur, dis nie maklik om op ’n reisplan vir dié gewilde Tuinroetedorp te besluit nie. Volg jy die loerie se spoor al langs blaarbedekte bospaadjies of keer jy na die strandmeer om jou aan die Knysnakoppe te vergaap? Waar eet jy? Wat drink jy? Waar swem jy? […]
25 Desember 2019

Geen meer langtand op die langpad ─ LekkeSlaap se langpadwenke maak als beter!
Die langverwagte Desember-vakansie het uiteindelik aangebreek en die tyd vir luilekker somersdae is hier! Dit is ook ’n goeie tyd om ’n bietjie verder as gewoonlik te reis en of dit nou van die binneland na die kus of van die kus na die Namib-woestyn is ─ almal maak vir die groot vakansie-trek gereed. Daar […]
18 Desember 2019

10 Geleenthede wat jy nie dié Desember moet misloop nie
Soos gesien op Maroela Media. Desember is sonder twyfel die heerlikste maand van die jaar ─ die son skyn, die strandhanddoeke is agter uit die kas gehaal en die beste deel is dat daar ’n markstalletjie om te verken en ’n fees om te geniet om elke hoek en draai is. LekkeSlaap het tien van […]
12 Desember 2019

Pret en plesier in die prentjiemooi Pilanesberg Nasionale Park
So gaan kuier ek, ’n gebore Kapenaar, aan die hange van ’n twee biljoen jaar oue vulkaan by Kwa Maritane Bush Lodge in die Noordwes. En ek kan met vrymoedigheid sê, as jy nog nie daar was nie, móét jy eenvoudig by die Pilanesberg Nasionale Park gaan draai. Gebore en getoë in die Kaap se […]
11 Desember 2019

Sterland: Ontmoet Sutherland se sterre
As kind het ek dikwels die sterre en planete agterop die Astros-boksies bestudeer en dit was net ’n kwessie van tyd voor ek Sutherland sou besoek om die Melkweg van naderby te bekyk. Gestewel en gespoor met ’n reisplan wat haarfyn uitgewerk is en ’n propvol brandstoftenk, is dit presies waarheen ek en Schalk vroeg […]
27 November 2019

’n Kuier in die Klein-Karoo by Berluda Farmhouse & Cottages
’n Behoorlike besoek aan die Klein-Karoo het nog altyd in my reisgeskiedenis ontbreek en toe Laura van Berluda Farmhouse & Cottages my vir ’n naweek na die hartjie van dié mooie streek nooi, het ’n byna tasbare opgewondenheid oor ’n besoek aan Oudtshoorn my moeë kantoorlyf met nuwe woema gevul. Dis ’n snikhete Vrydagmiddag in […]
20 November 2019

Willowmore: die Karoo-dorp vol engele
Dié dorpie aan die suidpunt van die Kamdeboovlakte is ’n baie spesiale plek, soos ons gou sal uitvind, want dit is die tuiste van ’n leërskare engele en, bly jy ’n rukkie, ervaar jy hulle gulhartigheid eerstehands. Die wêreld is vaal en stil, en buiten ’n handjievol turksvybome wat vooroor buig van die dors, is […]
13 November 2019








