
9 Plekke, 3 Provinsies, 1 Paasnaweek: Waarheen gaan jy?
Soos gesien op Maroela Media. Die somervakansie is nog vars in ons geheue, maar nog voor jy jou strandhanddoek finaal kan wegpak, is Paasnaweek al weer hier! Weet jy al in watter rigting jou voertuig mik? Of sukkel julle steeds om op ’n bestemming te besluit? Rol af en loer gerus na dié handjievol bestemmings […]
30 Januarie 2019

Gesinspret en Salige Weskusdae in Dwarskersbos
As jy soggens op jou stoep aan ’n koppie boeretroos teug, die vars Weskus-briesie aan jou vel voel streel en die branders in die verte hoor druis, wéét jy jy het ’n vreedsame vakansiebestemming gevind. Maar die jongspan benodig beslis meer as rus en vrede om ’n wegbreek te geniet! Daarom deel LekkeSlaap graag dié […]
23 Januarie 2019

Kom maak ’n draai by die diva van Darling!
In ’n klein Swartlanddorpie, net duskant die Kaap, lê ’n ou treinstasie in pienk, wit en blou uitgedos om jou te vermaak. Dié ou treinstasie ─ ’n perron as’t ware ─ is die tuiste van Suid-Afrika se gunsteling-tannie, met rooi lippe en grys hare. Ja, dis Darling se eie diva: Evita Bezuidenhout. Evita se Perron […]
16 Januarie 2019

5 Skouspelagtige Natuurverskynsels in Suid-Afrika
Soos gesien op Maroela Media. Suid-Afrika spog met soveel unieke natuurwonders wat jy dwarsdeur die jaar kan besoek. Dink maar aan die majestueuse Drakensberge, Tafelberg, die uitgestrekte vlaktes van die Karoo en die ongerepte strande aan ons asemrowende kus. Maar daar is ook soveel van ons land se natuurprag wat jy nét op ’n spesifieke tyd […]
14 Januarie 2019

Nie vir sissies nie: Ons laat vaar ons gemaksone in 2019!
Wat is daardie ding wat jou alter ego lankal sou doen, maar jy nog te bang was om te probeer? Daar is altyd iets wat nie in jou gemaksone pas nie, tog dagdroom jy daaroor wanneer die lewe net té eentonig raak … 2019 is die jaar: Skud jou vrese af en roep jou gemaksone […]
9 Januarie 2019

Sit jou verlof in: Langnaweke en skoolvakansies in 2019
Is jy nog besig om te herstel na die dol feesseisoen? Het jy al vergeet dat jy ooit met vakansie was? Of miskien lê jou welverdiende wegbreek nog voor. Hoe dit ook al sy, 2019 is propvol langnaweke vir wegbreke en jy kan vroegtydig daarvoor beplan met hierdie nuttige gids. Helder Herfs Die eerste vakansiedag […]
4 Januarie 2019

Woordfees: Vers en Klank Tussen Akkerblare
Die jaar word ryp met vers en klank en ’n Stellenbosse Maart lok die hele land. Ja, sowaar, ’n fees van woord tref eersdaags die Eikestad se goue akkerblaar en LekkeSlaap weet nét hoe om jou feesbootjie vlot te laat vaar. So, skuif ’n bietjie nader en spits jou ore, want ’n vrolike Woordfees is […]
19 Desember 2018

Top-10 buitebaddens vir ’n bobaas-bederf
Soos gesien op Maroela media. Daar is ’n rede waarom die woord “lang” in pamperlang voorkom: Ná ’n lang jaar is dit tyd om jouself so ’n bietjie te bederf! Boonop het jy heel waarskynlik te veel tyd in die kantoor of voor die rekenaar deurgebring en is dit wys om jou bederfsessie na buite […]
13 Desember 2018








