
Lyon Paradise: ’n Paradystroue in Potchefstroom
Daar word heelwat gegons oor Lyon Paradise in Potchefstroom ─ ’n magiese venue waar verskeie paartjies al die jawoord gegee het. LekkeSlaap het gaan loer waarom die trouklokke hiér so hard lui! Lyon Paradise is net 13 kilometer buite Potchefstroom op die R501 na Carletonville geleë. Die rooi- en witroostuin wat deur grasdakeenhede omring is, […]
11 Mei 2017

15 Troeteldiervriendelike Restaurante in Johannesburg
Daar is twee dinge wat Jo’burgers veral hoog op prys stel ─ goeie restaurante en hul honde! Daarom is dit g’n wonder dat daar só baie troeteldiervriendelike eetplekke in dié stad skuil nie. LekkeSlaap het 15 gaan uitsnuffel om jou voor te berei vir jou volgende vakansie in die Goudstad met Wagter aan jou sy! Arbour […]
5 Mei 2017

Spaarwenke vir jou volgende vakansie
As jy van salaris-tot-salaris leef is dit moeilik om te glo dat ’n lekker wegbreek jou beskore is. Jan Tuisbly se karretjie is altyd die gewildste opsie as die huurgeld, elektrisiteitsrekening, selfoonkontrak, kruideniersware, mediese onkostes en allerhande ditjies en datjies jou bankbalans laat kreun. Maar is dit noodwendig die moeite werd om jou vakansie tuis deur […]
2 Mei 2017

’n Wittebrood vir Elke Sak en Gier
Wittebrood-dagdrome is sinoniem met Jacuzzi’s, hemelbeddens, randvloeiswembaddens met see-uitsigte, vonkelwyn, en suites wat in roosblare getooi is …. Daar is egter net een probleem: dié klas bederf is gewoonlik bo die meeste van ons se vuurmaakplek. Dis hoekom ons na ’n paar streke gaan kyk het wat gewild is onder wittebroodspaartjies en rondgesnuffel het vir […]
28 April 2017

Reis met Troeteldiere: Voordele en Raad
Soos gesien op Maroela Media. Moes jy dié Paasvakansie weereens koebaai waai vir Wagter wat jou met verlangende oë agter die hondeherberg se tralies dophou soos jy op die horison verdwyn? As troeteldier-eienaar is dié besluit wanneer jy ’n vakansie beplan waarskynlik keer op keer ’n taamlike tameletjie. Die gesin gaan met vakansie, maar hoe […]
24 April 2017

Dis Hemelsblou op die Platteland: 10 Blou Kothuisies vir ’n Bobaas-blaaskans
Die Suid-Afrikaanse platteland is ’n skatkis vol oulike wegbreekbestemmings wat wag om ontdek te word. LekkeSlaap het tien blyplekkies opgespoor wat met spatsels blou in bekoorlike kothuisies so reg uit ’n sprokiesverhaal omgetower is. Hiér sal jou wildste sprokiesdrome bewaarheid word! In die hartjie van die kunstenaarsdorpie, McGregor, nooi Francolin Cottage se poeierblou voordeur ’n […]
24 April 2017

Oos-Kaap: Karoo tot Kus
Sukkel jy om te kies tussen ’n vakansie in die Karoo of teen die kus? LekkeSlaap wys jou waar jy die stilte van die Groot-Karoo of die prag van die kus in die Oos-Kaap kan ervaar. Dié twee bestemmings mag dalk in dieselfde provinsie wees, maar hulle bied baie kontrasterende ervarings. Die Oos-Kaap spog met van […]
21 April 2017

Stories en Seesand: Slenterstap langs die Weskus
Los al jou pretensies by die huis ─ bring net jou stapskoene en ’n ontvanklike hart, want ons gaan aan die Weskus slenterstap! Die gesogte Shoreline of the San-roete is ’n slackpacking-avontuur tussen die nederige vissersdorpies, Elandsbaai en Strandfontein. Dit is een van die béste maniere om hierdie spesiale kusstrook, sy onopgesmukte hartsmense, lipleklekker tradisionele […]
19 April 2017








