
Klink Awards 2015 skop af in Franschhoek!
LekkeSlaap is genooi vir die amptelike bekendstelling van dié jaar se Klink Awards. Elke jaar stel dié toekennings die wynliefhebber op straat in staat om aanlyn sy sê te sê oor die beste wynbestemmings in die land. Daar is verskillende unieke kategorieë, soos “Family Day” en “Wild Card”, waarin jy kan stem vir daardie wynplaas of […]
21 September 2015

Kom skitter in Sutherland
Sutherland, die uiters bekoorlike dorpie in die westelike deel van die Roggeveldberge in die Karoo, spog met heelwat merkwaardige eienskappe. Al lyk hierdie dorpie en sy inwoners nederig, het hulle verskeie redes om besonder trots te wees. Sutherlanders is bekend vir hul hartlike gasvryheid, en die sneeuwinters en dramatiese landskappe is absoluut asemrowend. Maar dié Karoodorpie se […]
16 September 2015

8 Wêrelderfenisgebiede waar jy Erfenisdag kan vier
Dis nie net óns as Suid-Afrikaners wat dink ons land is ʼn wonderlike plek nie ─ die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO) glo ook so! Ons mooie land spog met nie net een nie, maar agt Wêrelderfenisgebiede wat almal die besoek werd is. Natuurlik bring ons dit nie per toeval juis nóú […]
11 September 2015

Spice Route: Baie meer as net speserye …
Kyk, ons het beslis nie ʼn tekort aan unieke eet- en drinkplekke in die Kaap nie. Maar só ʼn groot verskeidenheid kos- en drankproe-ervarings op een perseel is skaars, selfs vir die Kaap! Spice Route self is die Paarl se kos- en drank-mekka. Dit is nie net ʼn wonderlike gesinsuitstappie nie, daar is letterlik iets wat […]
9 September 2015

ʼn Juweel in die Paarl: Diamant Estate
Teen die welige hange van die Paarlberg, aan die voet van die Afrikaanse Taalmonument, lê ʼn skat met die naam Diamant Estate. Drie eeue het verloop sedert die eerste strukture hier opgerig is, en deesdae is dié opgeknapte geboue ʼn gastehuis met sjiek trou- en funksie-venue. Na ʼn hele naweek hier te danke aan Hatch Communication en MT Ferreira, Diamant […]
8 September 2015

9 van die beste skubaduikplekke in Suid-Afrika
Suid-Afrika staan bekend as een van die voorste wildkykbestemmings in die wêreld. Ongelukkig veroorsaak ons reputasie as ʼn Groot 5-bestemming dikwels dat van ons mooiste natuurjuwele misgekyk word. Suid-Afrika se kuslyn lê soos ʼn halssnoer tussen Kosibaai en Alexanderbaai. Maar om die kosbaarste edelgesteentes aan hierdie halssnoer te sien, het ʼn mens ʼn duikbril en paddavoete nodig. 1. Sodwanabaai, KwaZulu-Natal […]
4 September 2015

Bobaas Wittebrood by Belgrace Boutique Hotel
Kom verlustig jou in die tipe lafenis wat net die Laeveld kan bied… ʼn kombinasie van luukse bederf-akkommodasie en ʼn onverbeterlike ligging naby ván ons liewe land se gewildste besienswaardighede. Belgrace Boutique Hotel bied jou dit alles-in-een en is die ideale bestemming om jou liefde vir die Laeveld en jou nuwe lewensmaat te versoen. Belgrace sal julle […]
27 Augustus 2015

World Class 2015: Mengeldrankies in die Moederstad
Kaapstad is onlangs aangewys as die hoof mengeldrankie-bestemming in die wêreld en staan gereed om 55 van die wêreld se beste kroegmanne en -vroue te verwelkom by die World Class 2015-eindstyd. Die deelnemers het dinge die afgelope jaar uitgespook sodat hulle hier in Suid-Afrika vir ons kan kom wys hoe om ’n drankie behoorlik te […]
26 Augustus 2015








