
8 Bergwegbreke om Gautengers op te beur
Soos gesien op Maroela Media. Jy is pootuit ná ’n eindelose week op kantoor, maar om nóg ’n naweek met Jan Tuisbly se karretjie te ry gaan nie die gewenste uitwerking op jou gemoed hê nie ─ jy het ’n blaaskans nodig! Daarom stel LekkeSlaap voor jy verruil Gauteng se asvaal wolkekrabbers vir Noordwes en […]
26 Maart 2019

7 Sommer-so-sien skeepswrakke…
In die sowat 531 jaar nadat Bartlomeus Dias die Kaap as “Die Kaap van Storms” gedoop het, het dié ongenaakbare kuslyn van tientalle skepe metaalspoke gemaak. Sommige van die ongelukkige wrakke is deur die see geëis en is so te sê vergete, maar, sommiges kan, ten minste gedeeltelik, van die land af gesien word. So, […]
20 Maart 2019

Safari in die Kaap: Die Wes-Kaap Wys Haar Wilde Kant
Soos gesien op Maroela Media As jy al ooit voet aan wal in die Wes-Kaap gesit het, of net met ’n Kapenaar gesels het, sal jy weet dat daar sekere dinge is waaroor ons met trots spog. Van die wêreldbekende wynlande, natuurskoon en kuste, Kaap-Hollandse gewels, die familie se vakansiehuis in Stilbaai, Hartenbos of Waenhuiskrans, […]
13 Maart 2019

OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Laurika Rauch
Vandeesweek reis OPTOG! se kombi’s al die pad tot in Pretoria. As jy daarvan hou om te lag, sal Nataniël jou laat skater en Laurika Rauch se lirieke sal jou voorwaar in vervoering laat. Laurika Rauch tree op 18 en 19 Maart in die Attebury-teater in Pretoria op. Dié vertonings is ongelukkig uitverkoop, maar hierdie legendariese […]
11 Maart 2019

Dit smaak soos gin in die Laeveld: ’n Onbeplande reis na ’n nuwe begin
Elke goeie storie het ’n temalied, óf elke goeie lied begin met ’n storie, want die pad raak lank en die gedagtes dwaal. Sommige liedjies word op die pad Laeveld toe geskryf. Saterdagoggend 06:00 terwyl my huismaats die vorige aand se braai probeer afslaap, staan ek en my oornagtas reg om die pad na Barberton […]
6 Maart 2019

OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Koos Kombuis
Dis weer lente in die Boland, want dié week reis OPTOG! se kleurvolle kombi’s al die pad van Kroonstad tot in die eeue oue Eikestad! Stellenbosch, die land van Adam Tas en Simon van der Stel, is alombekend vir sy studentelewe, prag-akkerboomlane en, natuurlik, wyn in amper elke moontlike kleur en kultivar. Koos Kombuis tree […]
25 Februarie 2019

Dis ‘lekke’ in jóú Moedertaal
Vandag vier ons Internasionale Moedertaaldag, ’n dag waarop jy jou hartstaal met trots kan praat! Die meeste van ons weet hoe om ons medemens in ’n handjievol tale te groet, maar hoe sê jy vir die vreemdeling voor jou in die ry by die kassier, vir jou Uber-drywer of die ou wat vir jou ’n draairoomys maak iets […]
21 Februarie 2019

OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Jak de Priester
Dié week reis OPTOG! se kombi’s al die pad vanaf Rustenburg tot in Stellenbosch en sterre soos Nataniël, Deon Meyer en Coenie de Villiers sluit by dié toer aan om gehore wyd en syd te vermaak. Jak de Priester tree die 21ste Februarie in Tzaneen in Limpopo op en LekkeSlaap het met hom gesels voor […]
18 Februarie 2019








