
Woeker met jou Huisie op Wiele: 20 Kampeerplekke vir jou Karavaan
Het jy ’n huisie op wiele maar is raadop oor waar om kamp op te slaan? LekkeSlaap het by ’n paar van ons gunsteling-kampeerplekke gaan inloer sodat jy nie verder hoef te soek nie! Of jy nou die seebriesie wil voel, in die bosveld wil skuil, of oor die Karoo-vlaktes wil tuur ─ ons wys […]
9 Februarie 2018

Ontdek die Mooie Middellande
Is die Gautengse geraas besig om jou onder te kry? Is jy op soek na die perfekte plek vir ’n stil en rustige naweek weg? Hoekom kies jy nie ’n bietjie koers na die KwaZulu-Natalse Middellande nie? Dis ’n lushof vir enige roetereisiger met uitstekende restaurante, bekoorlike koffieplekkies, interessante antiekwarewinkels en poskaartmooi natuurskoon om elke […]
7 Februarie 2018

Perfekte Plekke om Verloof te raak
Daar word darem maar ’n groot affêre van ’n troue gemaak ─ en met goeie reg! Maar voor die bruid in die gangetjie afgesweef kan kom, lê daar eers ’n lewensbelangrike vraag en die oorhandiging van ’n koeëlronde blink dingetjie vir jou voor. ’n Verlowing is terselfdertyd ’n groot lewensstap én ’n wonderlike geleentheid om […]
2 Februarie 2018

20 Wittebroodbestemmings in Noordwes
Het jy al ooit die Bosveld met sy uitgestrekte vlaktes en grootwildtroppe beleef? Het jy al werklik gaan stil staan en luister na Moeder Natuur se gefluister? Noordwes is dalk nie die eerste bestemming waaraan jy dink wanneer jy julle wittebrood beplan nie, maar die lodges wat soos oases in dié geharde landskap skuil, sal […]
31 Januarie 2018

8 Huisies – 8 Legendes – 8 Stories
Het jy al gewonder wat mense van jou sal onthou? Droom jy daarvan om iets standvastigs agter te laat? Iets met jou naam op. LekkeSlaap het gaan loer na agt huisies wat na unieke eienaars vernoem is en sommer op ’n klomp interessante stories afgekom. Sit ’n bietjie jou geskiedenisbril op en lees die agt […]
26 Januarie 2018

Die Stories Agter 8 van Suid-Afrika se Eiesoortige Dorpsname
Het jy al ooit op die langpad verby ’n aanwysingsbord gery of ’n Suid-Afrikaanse landkaart bestudeer en twee keer gekyk na ’n obskure dorpsnaam? Kyk nou maar na name soos “Lekkersing” en “Tietiesbaai”, om nie eers te praat van die verstommende “Tweebuffelsmeteensmorsdoodgeskietfontein” of “Klein Mier Nommer Een” nie! Ons land spog met fassinerende dorpsname en […]
24 Januarie 2018

Slenterstap die Skilderagtige Swart Tobie-roete
Spierwit strande lê eindeloos voor jou uitgestrek, ’n swart tobie vlieg laag oor jou kop en jy hoor hoe branders ritmies teen die rotse klots … Klink dit vir jou idillies? Dan is dit hoog tyd dat jý ook jou rugsak pak, stapskoene aantrek en die Weskus te voet gaan verken! Ek en ’n paar […]
19 Januarie 2018

Vier Elke Seisoen in Hogsback
Die Kaap se somerwinde is vir sommige vakansiegangers nét te erg, KwaZulu-Natal voel soms soos ’n sauna sonder ’n deur en die wintervelde noord van die Vaalrivier is dalk net té vaal vir kranige kameramanne en -vroue. Só het elke streek maar ’n seisoen of twee wat minder vakansievriendelik is as die ander ─ of […]
17 Januarie 2018








