
Dis Hemelsblou op die Platteland: 10 Blou Kothuisies vir ’n Bobaas-blaaskans
Die Suid-Afrikaanse platteland is ’n skatkis vol oulike wegbreekbestemmings wat wag om ontdek te word. LekkeSlaap het tien blyplekkies opgespoor wat met spatsels blou in bekoorlike kothuisies so reg uit ’n sprokiesverhaal omgetower is. Hiér sal jou wildste sprokiesdrome bewaarheid word! In die hartjie van die kunstenaarsdorpie, McGregor, nooi Francolin Cottage se poeierblou voordeur ’n […]
24 April 2017

Oos-Kaap: Karoo tot Kus
Sukkel jy om te kies tussen ’n vakansie in die Karoo of teen die kus? LekkeSlaap wys jou waar jy die stilte van die Groot-Karoo of die prag van die kus in die Oos-Kaap kan ervaar. Dié twee bestemmings mag dalk in dieselfde provinsie wees, maar hulle bied baie kontrasterende ervarings. Die Oos-Kaap spog met van […]
21 April 2017

Stories en Seesand: Slenterstap langs die Weskus
Los al jou pretensies by die huis ─ bring net jou stapskoene en ’n ontvanklike hart, want ons gaan aan die Weskus slenterstap! Die gesogte Shoreline of the San-roete is ’n slackpacking-avontuur tussen die nederige vissersdorpies, Elandsbaai en Strandfontein. Dit is een van die béste maniere om hierdie spesiale kusstrook, sy onopgesmukte hartsmense, lipleklekker tradisionele […]
19 April 2017

Vermy só die Paasnaweek-verkeer
Die eerste kwartaal het gevaarlik lank geraak en almal is die laaste maand sleepvoet en langgesig werk toe, maar nou is Paasnaweek uiteindelik in sig. Die tasse is so te sê gepak, al die boksies op jou onthoulysie is afgetiek en jy wil nie hê daar moet nou enigiets tussen jou en jou welverdiende wegbreek […]
12 April 2017

Wakkerstroom: Die dorp van drome
Ons lê vandag besoek af in Wakkerstroom. Dié pragplekkie is die volmaakte voorbeeld van ’n regte plattelandse dorpie in Suid-Afrika: Die naaste verkeersligte is 30 km hiervandaan, die dorp is so klein dat jy dit volledig te voet of per fiets kan verken, en die perde en koeie staan dolgelukkig die vlaktes vol. Die meeste […]
7 April 2017

Volstruisparadys: 7 redes om Oudtshoorn te besoek
“Klein-Karoo, verre land van verlatenheid … Klein-Karoo, waar die Swartberge troon …” ─ Groep Twee (Sias Reinecke en Gert van Tonder) Lank, lank gelede, voor vinnige plat voertuie en internet-modes, was ’n volstruisveer in jou hoed hoogmode! Dié spoggerige vere is destyds wêreldwyd versprei en het selfs koninklikes se hoofde getooi. ’n Volstruis is egter […]
5 April 2017

Hoe om goeie sonsondergangfoto’s te neem
Vakansie met LekkeSlaap bied jou die geleentheid om stil te word en die sonsondergang te aanskou ─ iets waarvoor mens nie noodwendig in die alledaagse gejaag tyd kry nie. Daar is iets ongelooflik aan ’n sonsondergang en siende dat dit net ’n paar minute duur, is dit iets wat mens vir ewig wil vasvang. Dis […]
28 Maart 2017

Dapper en Stapper deur die Tsitsikamma
Die Tsitsikamma-staproete tussen Nature’s Valley en Stormsrivier hoort op elke kranige rugsakstapper se emmerskoplys. Dis ’n strawwe roete vir tawwe tienies dié, met uitsonderlike uitsigte en asemrowende natuurtonele as beloning. Só pak jy dié 62,5 km lange staproete oor ses dae aan: Dag 1: Nature’s Valley tot Kalanderhut (3,6 km | sowat 2 uur) Vroegoggend […]
22 Maart 2017








