
10 Wildkyk-Wenke
Suid-Afrikaners kan nie veel sonder ’n visum doen nie, maar wildkyk is darem een van die wonderlike ervarings waarvoor ons nie die land hoef te verlaat nie. Ons is vreeslik bederf met legio wildparke op ons drumpel en hoewel ons nie soos die buitelanders vlugte en khaki-uitrustings hoef te reël nie, is ’n wildkyk-vakansie nie […]
9 Maart 2016

Tydlose Tulbagh
So 120 km noordoos van Kaapstad, in ʼn vrugbare vallei omring deur die majestueuse Obikwa-, Winterhoek- en Witzenberge, lê ʼn sprokiesdorpie met die naam Tulbagh. Dié dorpie troon bo sy jonger boeties uit as een van die oudste dorpe in die land (na Kaapstad, Stellenbosch en Swellendam en Graaff-Reinet), en is al in 1743 gestig! […]
4 Maart 2016

10 SA stede wat vir hulself (by)naam gemaak het
In die weermag of in die koshuis het omtrent niemand mekaar se regte name geken nie ─ jy’s op jou van of op jou bynaam aangespreek. En as jy eers ’n bynaam het, kry jy hom nie sommer afgeskud nie. Vra maar vir Baksteen Labuschagne, Brieke van Tonder of Bakkies Botha … Nét so het […]
2 Maart 2016

Stanford: ’n verkenningstog in die Overberg
Volg die voetspore van die verlede in Stanford wanneer jy die strate verken. Wandel verby huise wat al vir meer as ’n honderd jaar hier staan. Stadsjapies het die afgelope paar jaar besef dié dorpie in die Overberg is ideaal vir ’n wegbreek in die platteland. Hiér skuur huise uit die 1800’s en vroeë 1900’s […]
26 Februarie 2016

10 Naweekwegbreke in die Wes-Kaap
Die Moederstad se verkeer en geraas kan soms te veel raak vir haar burgers. Dis geen wonder dat jy ’n bietjie uit die Moederstad se malligheid wil ontsnap nie. Kapenaars kan sommer nóú al begin ontspan danksy al die heerlike blyplekke op LekkeSlaap.co.za waar hulle uit die geroesemoes van die stad kan wegbreek. Die volgende lêplekkies bied iets […]
17 Februarie 2016

10 vinnige naweekwegbreke in Gauteng!
Almal weet hoe ’n reusestad jou hele lewe kan insluk. Pretoria en Johannesburg is twee van die grootste stede in Suid-Afrika en dit is geen wonder dat hul inwoners soms net ’n bietjie uit hul betonkloue wil ontsnap nie. Die stadslewe is ’n dol affêre, gevul met elektriese lig, loeiende sirenes, huisalarms, motorenjins wat brul […]
10 Februarie 2016

5 Lekke somerdrankies: Wys die hittegolf wie’s baas!
Van Kuruman tot in die Kaap gaap die kraaie en sukkel die vrieskaste om voor te bly ‒ dankie tog Eskom hou darem deesdae kop bo water! Ek het gaan rondsnuffel vir ’n paar yskoue drankie-resepte wat jou sal help om die hittegolf te ry met ’n glimlag op jou gesig. 1. Ystee Suid-Afrika se kruideniersrakke […]
5 Februarie 2016

’n Romantiese wegbreekplek in elke provinsie …
Die winkelvensters is in rooi getooi en orals word rose en sjokolade teen afslagpryse verkoop. Jy lees reg – dis wraggies alweer Valentynstyd! Bederf jou liefie met ’n lekke romantiese wegbreek. Ons het die laaste paar beskikbare plekkies in jou provinsie opgespoor. Kliek op die foto’s en bespreek sommer nou! So … waarheen gaan jy […]
29 Januarie 2016








