Die winkelvensters is in rooi getooi en orals word rose en sjokolade teen afslagpryse verkoop. Jy lees reg – dis wraggies alweer Valentynstyd! Bederf jou liefie met ’n lekke romantiese wegbreek. Ons het die laaste paar beskikbare plekkies in jou provinsie opgespoor.

Kliek op die foto’s en bespreek sommer nou!

Net die beste bederfies vir jou geliefde by De Zoete Rust in Centurion, Pretoria.
Die ideale ligging van die 4-ster-gastehuis en die luukse geriewe is perfek vir ’n romantiese wegbreek.

Outydse romanse in dié stylvolle gastehuis tussen die sierlike rose en Karoo-sonsondergange.
Franschhoek se hoofstraat is perfek vir rustige, romantiese wandelinge tussen al die winkeltjies, boetieks en restaurante.

17 on Beeton
Die Victoriaanse sandsteenhuis is omring deur bome in die stil vallei.
Gaan sommer op ’n wildrit terwyl jy en jou duifie by Letsati Game Lodge bly.

7

Die moderne en luukse lodge is naby Blouvlagstrande, branderplankplekke en visvangplekke.
Ontspan langs die sprankelende swembad in die rustige tuin.

6

Die gastehuis is ’n betowerende, aristokratiese sandsteengebou met ’n besonderse karakter, ’n ryk geskiedenis en ouwêreldse sjarme.
Bly is ’n luukse bosvilla en hou die wild by die watergat dop.

Die kamer is mos perfek vir ’n verliefde paartjie!
Die romantiese wegkruipplek is op die rand van die Spektakelberg tusen Springbok en Kleinzee geleë.

Geniet ’n spa-behandeling langs die rivier aan jou geliefde se sy.
Die wegbreekparadys kyk uit oor die Krokodilriviervallei en die suidelike grens van die Krugerwildtuin.

Ontspan in die pragtige koloniale tuine en bewonder die onoortreflike uitsigte op die Drakensberge en die omliggende bosveld.
Die lodge is lekke naby die legendariese Vallei van die Olifante.

’n Tropiese wegbreek in ’n Wêrelderfenisgebied.
White Elephant Safari Lodge
Die Pongola Wildreservaat in die noordelike deel van Zululand wag vir julle met al sy doendinge op die land en in die water.

hartjies

So … waarheen gaan jy die Valentynsmaand?

 Hooffoto: Naries Namakwa Retreat