
10 Swemvakansies in die Binneland
Ons is almal vertroud met die bekende seekant-swemvakansies wat dié tyd van die jaar weer kop uitsteek! Wel, vandag het ons vir jou ’n paar plekkies teen die water gaan soek wat nie aan die wonderlike Weskus is nie, maar langs ’n dam of aan die oewer van ’n rivier in die bekoorlike binneland. Kom […]
7 Oktober 2015

15 Troeteldiervriendelike blyplekke in die Wes-Kaap
Is jou vierpotige vriend moeg vir die hondeherberg? Kyk hy of sy met verlangende oë na die voertuig terwyl jy inpak vir jou lang vakansiewegbreek? LekkeSlaap het besef ons kliënte het ’n dringende behoefte aan troeteldiervriendelike verblyf in elke provinsie … en raai wat? Ons weet van ’n hele paar plekke regoor die land! Vandag het […]
1 Oktober 2015

Blyplekke met Bobaas Braaiplekke
Reg julle, dis weer daai tyd van die jaar wanneer almal om die braai baljaar. ’n Braai is mos so Suid-Afrikaans soos biltong en boerewors, so steek maar op die 24ste September jou vuurtjie aan. Ons het ’n paar plekkies gaan vind waar jy sommer tjop-tjop jou vleisie op die kole kan gooi. Kom kyk […]
23 September 2015

La Provence d’Afrique
Verbeel jou, ʼn wittebrood in die suide van Frankryk! Jy en jou liefie loop hand aan hand in die keisteenstraatjies rond ─ verby ʼn man met ʼn beret wat trekklavier speel ─ en loer in by ʼn café vir espresso en croissants. Dit klink ongelooflik, maar visums en verbindingsvlugte is ʼn droewe vooruitsig. Dis hoekom […]
22 September 2015

Klink Awards 2015 skop af in Franschhoek!
LekkeSlaap is genooi vir die amptelike bekendstelling van dié jaar se Klink Awards. Elke jaar stel dié toekennings die wynliefhebber op straat in staat om aanlyn sy sê te sê oor die beste wynbestemmings in die land. Daar is verskillende unieke kategorieë, soos “Family Day” en “Wild Card”, waarin jy kan stem vir daardie wynplaas of […]
21 September 2015

Kom skitter in Sutherland
Sutherland, die uiters bekoorlike dorpie in die westelike deel van die Roggeveldberge in die Karoo, spog met heelwat merkwaardige eienskappe. Al lyk hierdie dorpie en sy inwoners nederig, het hulle verskeie redes om besonder trots te wees. Sutherlanders is bekend vir hul hartlike gasvryheid, en die sneeuwinters en dramatiese landskappe is absoluut asemrowend. Maar dié Karoodorpie se […]
16 September 2015

8 Wêrelderfenisgebiede waar jy Erfenisdag kan vier
Dis nie net óns as Suid-Afrikaners wat dink ons land is ʼn wonderlike plek nie ─ die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (UNESCO) glo ook so! Ons mooie land spog met nie net een nie, maar agt Wêrelderfenisgebiede wat almal die besoek werd is. Natuurlik bring ons dit nie per toeval juis nóú […]
11 September 2015

Spice Route: Baie meer as net speserye …
Kyk, ons het beslis nie ʼn tekort aan unieke eet- en drinkplekke in die Kaap nie. Maar só ʼn groot verskeidenheid kos- en drankproe-ervarings op een perseel is skaars, selfs vir die Kaap! Spice Route self is die Paarl se kos- en drank-mekka. Dit is nie net ʼn wonderlike gesinsuitstappie nie, daar is letterlik iets wat […]
9 September 2015








