
ʼn Juweel in die Paarl: Diamant Estate
Teen die welige hange van die Paarlberg, aan die voet van die Afrikaanse Taalmonument, lê ʼn skat met die naam Diamant Estate. Drie eeue het verloop sedert die eerste strukture hier opgerig is, en deesdae is dié opgeknapte geboue ʼn gastehuis met sjiek trou- en funksie-venue. Na ʼn hele naweek hier te danke aan Hatch Communication en MT Ferreira, Diamant […]
8 September 2015

9 van die beste skubaduikplekke in Suid-Afrika
Suid-Afrika staan bekend as een van die voorste wildkykbestemmings in die wêreld. Ongelukkig veroorsaak ons reputasie as ʼn Groot 5-bestemming dikwels dat van ons mooiste natuurjuwele misgekyk word. Suid-Afrika se kuslyn lê soos ʼn halssnoer tussen Kosibaai en Alexanderbaai. Maar om die kosbaarste edelgesteentes aan hierdie halssnoer te sien, het ʼn mens ʼn duikbril en paddavoete nodig. 1. Sodwanabaai, KwaZulu-Natal […]
4 September 2015

Bobaas Wittebrood by Belgrace Boutique Hotel
Kom verlustig jou in die tipe lafenis wat net die Laeveld kan bied… ʼn kombinasie van luukse bederf-akkommodasie en ʼn onverbeterlike ligging naby ván ons liewe land se gewildste besienswaardighede. Belgrace Boutique Hotel bied jou dit alles-in-een en is die ideale bestemming om jou liefde vir die Laeveld en jou nuwe lewensmaat te versoen. Belgrace sal julle […]
27 Augustus 2015

World Class 2015: Mengeldrankies in die Moederstad
Kaapstad is onlangs aangewys as die hoof mengeldrankie-bestemming in die wêreld en staan gereed om 55 van die wêreld se beste kroegmanne en -vroue te verwelkom by die World Class 2015-eindstyd. Die deelnemers het dinge die afgelope jaar uitgespook sodat hulle hier in Suid-Afrika vir ons kan kom wys hoe om ’n drankie behoorlik te […]
26 Augustus 2015

10 Plase waar jy óók kan boer
Die stad is ʼn rowwe plek wat nooit slaap nie, ʼn plek waar jy nooit tot verhaal kom nie. Hoekom verruil jy nie die geraas van toeters wat blaas vir ʼn haan se gekraai nie? Leer jou kinders om boom te klim en ʼn hanslammertjie met die bottel te voed, om die modder tussen hulle […]
21 Augustus 2015

Jou kitsgids tot die Knysna Oesterfees
Die Knysna Oesterfees, wat jaarliks in Julie plaasvind, is omtrént ʼn kaleidoskoop van feesgees, adrenalien, musiekvertonings, familietyd, Tabasco-sous, kunsvlyt, kuier, en natuurlik ʼn paar ton vars oesters! Alhoewel ons net drie dae van die fees bygewoon het, het ons elke oomblik gate uit geniet. Volg bietjie ons kitsgids en jy sal gou sien dié fees behels veel meer […]
19 Augustus 2015

7 Redes om die Overberg in Augustus te besoek
Koring Die Overberg-streek swel tussen die Hottentots-Hollandberge in die weste, die Riviersonderendberge in die noorde, die Breederivier in die ooste, en die plek waar die Indiese- en Atlantiese Oseaan mekaar ontmoet in die suide. Dit is die grootste koringproduserende streek in Suid-Afrika en heelwat gars en kanola word ook hier verbou. Te danke aan ywerige […]
14 Augustus 2015

Ons toer deur die Tuinroete: van Kaapstad tot Port Elizabeth
Dit is nie moeilik om te sien hoekom so baie mense keer op keer terugkeer na die Tuinroete nie. Dié roete strek van Stilbaai tot Stormsrivier en is een van die gewildste vakansiebestemmings in Suid-Afrika. Die Tuinroete kronkel deur die skouspelagtige natuurskoon, verby dorpies en spogstrande, en ek het onlangs die voorreg gehad om dié pragtige roete plat […]
12 Augustus 2015








