
Kom kyk waar SA se sneeu skuil
Suid-Afrikaners is dol oor sonskyn, maar daar is iets só sprokiesagtig en betowerend aan sneeu dat min mense dit kan weerstaan. Net omdat ons burgers van Afrika is, beteken dit nie dat wit winters iets is wat ons nooit kan beleef nie. LekkeSlaap het gaan ondersoek instel en ons het ʼn paar plekkies opgespoor waar jy […]
22 Junie 2015

10 Doendinge vir die jongspan as dit reën
Jy sien al maande lank uit na die wintervakansie, maar hoe nader julle aan die bestemming kom, hoe harder reën dit. Jy voel hoe jou moed in die skoene sak wat jy nie gaan kan uitskop nie. In dié reën gaan jou kleingoed heeldag in die huis sit en tande tel (en op jou senuwees […]
19 Junie 2015

Wonderlike Winter-wegbreke
Ons weet jy wil net tuis bly as die kwik daal en die reën begin neerstort, maar as jy een van dié lekke plekkies kies, hoef jy jou nie te bekommer oor die koue monsters wat byt nie. Ons het ’n paar plekkies gaan soek met sonderlinge kaggels, bekoorlike braais en luukse baddens. Loer hier […]
17 Junie 2015

10 Troeteldiervriendelike blyplekke in KwaZulu-Natal
Is jou vierpotige vriend moeg vir die hondeherberg? Kyk hy of sy met verlangende oë na die voertuig terwyl jy inpak vir jou lang vakansiewegbreek? LekkeSlaap het besef ons kliënte het ’n dringende behoefte aan troeteldiervriendelike verblyf in elke provinsie … en raai wat? Ons weet van ’n hele paar plekke regoor die land! Vandag het […]
12 Junie 2015

5 Redes vir winter-wildkyk
In Jan Alleman se woordeboek word “somer” en “wegbreekseisoen” as sinonieme geklassifiseer. Maar ons almal weet hierdie tipe Janne maak nou en dan ʼn fout. So hier is 5 redes hoekom “winter” en “wegbreek” heeltemal uitruilbaar is in LekkeSlaap se woordeboek. 1. Winter-aanbiedings Baie wildreservate lok besoekers met vuurwarm spesiale aanbiedings gedurende die bibber-maande. Phumula Kruger Lodge […]
11 Junie 2015

Tussen Treine
In die jare toet was elke Suid-Afrikaner ’n pendelaar en treine was so volop soos steenkool in ’n stoomtrein. Carike Keuzenkamp, Sonja Herholdt, Gert Vlok Nel en kie het goue treffers oor treine gesing. Deesdae sing Richard van der Westhuizen: “Ek wonder wat van jou geword het, jy wat nog so by my spook,” en wanneer hy “Tussen […]
9 Junie 2015

5 top-wynplase in die Robertson-wynvallei
“Klein bietjie wyn, klein bietjie wyn, klein bietjie wyn vir my, klein bietjie wyn vir my, klein bietjie wyn vir my. Klein bietjie wyn, klein bietjie wyn, klein bietjie wyn vir my Klein bietjie wyn vir my en ook vir jou.” Anton Goosen was duidelik nie in die Robertson-wynvallei toe dié lirieke geskryf is nie, […]
3 Junie 2015

In die spore van die Siener
Nicolaas Pieter Johannes van Rensburg is op die 30ste Augustus 1864 op die plaas Palmietfontein naby Potchefstroom gebore. Hierdie tipe stories word gewoonlik ʼn bietjie gekrui met versinsels oor die wyse waarop so ʼn persoon in die lewe gekom het – Genghis Kahn is blykbaar met ʼn bloedklont in die hand gebore en daar word gefluister dat […]
1 Junie 2015








