
Ons werp die kollig op Port Nolloth
In Port Nolloth is daar onstuimige waters waar rus is. Port Nolloth is ʼn dorpie sonder verkeersligte en -knope, veiliger as enige stad. Dis ʼn plek waar mense mekaar nog op die naam groet en saam krieket op die soutpan speel. Die koue Benguela-seestroom sorg dat ʼn digte misbank ─ wat onder locals as die Malmokkie bekend staan ─ soggens soos ʼn kombers […]
13 April 2015

10 Troeteldiervriendelike blyplekke in die Noord-Kaap
Is jou vierpotige vriend moeg vir die hondeherberg? Kyk hy of sy met verlangende oë na die voertuig terwyl jy inpak vir jou lang vakansiewegbreek? LekkeSlaap het besef ons kliënte het ‘n dringende behoefte aan troeteldiervriendelike verblyf in elke provinsie … en raai wat? Ons weet van ‘n hele paar regoor die land! Vandag het […]
11 April 2015

5 Prettige Pretparke!
Elke kind se droom word bewaarheid wanneer jou ouers jou verras met ‘n besoek aan die pretpark terwyl julle luilekker vakansie hou. Ek onthou daai opgewondenheid soos gister. Jy hoop en bid dat hulle by die bordjie gaan indraai, maar sê liewer niks. Dan sit pa die flikkerlig aan ─ en net so is jou vakansie gemaak. […]
9 April 2015

10 Wilde foto’s en nog wilder feite
Diertjies, groot en klein, sterk en fyn, kom almal in Suid-Afrika voor. Ek het ’n paar van die pragtige wilde diere wat by ons lekke slaapplekke voorkom, gaan soek en ook ’n paar interessante brokkies oor dié bokkies en krokkies gekry. So pak jou verkyker, kamera, voëlkennerboek, stapskoene, sonskerm en sonhoed en gaan kyk watter […]
7 April 2015

Karoo: nie net stof en vlaktes
Soms jaag mens deur die Karoo en die platgedrukte koppies flits vormloos verby … Jy ry kilometers aaneen en sien net ’n windpomp langs die pad of ’n dorpie wat hardkoppig soos ’n vetplant op die vlaktes oorleef. Wanneer jy egter gaan stilstaan en stomstaan voor ’n Karoo-sonsondergang, dan tref dit jou. Jy sien die skoonheid en sielsrus […]
4 April 2015

Jou kitsgids tot 8 top-kampplekke
Verkies jy ‘n kampvuur bo ‘n kaggelvuur? Jip, LekkeSlaap weet ook van ‘n paar lekke sakpas-kampplekke regoor die land as jy ’n tent bo ’n suite verkies. Kies, kliek en gaan kamp sommer binnekort nog! Aktiwiteite: Swem, snorkel, jetski, gholfspeel, voetslaan, bergfietsry, wildkyk, kasino, skubaduik en diepseehengel. Geriewe: Kampeerplekke, braaiplek, swembad, restaurant, elektrisiteit, ablusiegeriewe (bad en […]
2 April 2015

Goeie idees vir Gekkedag
Niemand is seker oor April-gekkedag se oorsprong nie, maar hierdie dag vir lekker lag word elke jaar regoor die wêreld gevier. Daar word bespiegel dat die dag sy oorsprong in die Middeleeue vind, toe die viering van Nuwejaar na 1 Januarie verskuif is. Diegene wat na dié verskuiwing nogsteeds Nuwejaar op 1 April gevier het, […]
31 Maart 2015

Suid-Afrika se streke in ’n neutedop
Mens het nie ’n arme buitelander nodig om jou te vertel hoe divers Suid-Afrika is nie. Hopelik besef die meeste van ons dat Suid-Afrika voor in die ry gestaan het toe natuurskatte en verskeidenheid uitgedeel is. In hierdie blog word ons pragtige land se tipografie en streke ten toon gestel. So, maak jou sitplekgordel vas en […]
24 Maart 2015








