Die langverwagte Desember-vakansie het uiteindelik aangebreek en die tyd vir luilekker somersdae is hier! Dit is ook ’n goeie tyd om ’n bietjie verder as gewoonlik te reis en of dit nou van die binneland na die kus of van die kus na die Namib-woestyn is ─ almal maak vir die groot vakansie-trek gereed. 

Daar is altyd groot opwinding oor ’n lekker lang vakansie, maar daardie opwinding word baie gou gedemp wanneer jy besef hoe lank die rit gaan wees. Vir my en my gesin was dit egter nog nooit ’n straf om vir meer as ses ure op die pad in ’n motor te sit nie, want ons vakansie begin reeds met die inklimslag. As jy egter na die lang rit wat voorlê opsien, is LekkeSlaap se lys langpadwenke nét die kuur vir jou komende langpad-avontuur!

Padstalle

Suid-Afrika se paaie is met talle padstalle belyn en jy sal nie sommer by enige supermark sulke lekker brood, beskuit of konfyt teëkom nie. Dit is ook die perfekte geleentheid om bene te rek en ’n bietjie rond te snuffel. As jy dié Desember-vakansie een van Suid-Afrika se besige hoofroetes aandurf, is een van LekkeSlaap se gunsteling-padstalle nét die plek om asem te skep en nuwe moed vir die res van die pad wat voorlê te kry!

Dit is sekerlik een van die N2 se bekendste padstalle en as ’n mens so na hulle varsgebakte brode en fyngebak kyk, kan ’n mens verstaan hoekom!

Johannesburg-Kaapstad-roete

The Cabin Farmstall & Deli

 
 
 
 
 
View this post on Instagram
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

A post shared by The Cabin Farmstall (@thecabinfarmstall) on

The Cabin Farmstall is op die R26 net vyf kilometer buite Clocolan. Dit is dalk ’n effense ompad, maar beslis ’n besoek werd. ’n Mens sal ure by hierdie padstal kan deurbring, met hul interessante dekor van blikborde en -bekers teen die mure, handgemaakte geskenkies en tuisgemaakte lekkernye. Dié padstal het werklikwaar iets van alles en bied ’n welverdiende ruskans op die langpad tussen Kaapstad en Johannesburg.

Môreson Padstal

 
 
 
 
 
View this post on Instagram
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

A post shared by Môreson Padstal (@moreson_padstal) on

Dié heldergeel padstal wag jou op die N1 net buite De Doorns in. Die kenmerkende reuk van varsgebakte roosterkoek is alomteenwoordig in Môreson Padstal en besoekers keer weer en weer terug vir nog. Dit is ook die ideale stopplek om die asemrowende berge en landskappe af te neem.

Johannesburg-Durban-roete

Linga Lapa

Linga Lapa is in die Natalse Middellande net langs die N3 by die Nottingham Road-afrit geleë. Linga Lapa lyk dalk nie soos jou gewone, bekoorlike, antieke padstal in die middel van nêrens nie, maar moenie dat die voorkoms jou flous nie! Hulle het al die lekkernye wat ’n padstal sy naam gestand doen en meer! Dis omtrent soos ’n klein inkopiesentrum, met ’n kroeg, restaurant, koffiewinkel, bakkery, slaghuis, plante, klere, meubels en selfs ’n skoonheidsalon. Stop ’n bietjie hiér vir die lekkerste boerewors in die land.

Kaap-Namibië-roete

Kardoesie

 
 
 
 
 
View this post on Instagram
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

A post shared by Kardoesie (@kardoesien7) on

Kardoesie is langs die N7 op die Piekenierskloofpas geleë en spog met ’n asemrowende uitsig oor die Renosterhoekvallei. Jy kan heerlike kos hier geniet terwyl jy oor die vlaktes staar. Daar is selfs ’n lekker grasperk en speelplek waar kinders ’n bietjie van hul energie ontslae kan raak. Die winkeltjie verkoop allerhande tuisgemaakte produkte, soos gedroogde vrugte, biltong, malvalekkers, ingemaakte lekkernye en konfyt. Dit is die ideale stopplek vir vakansiegangers wat op die lang pad tussen Kaapstad en Namibië wil bene rek.

Kaap-Knysna-roete

Peregrine Farm Stall

 
 
 
 
 
View this post on Instagram
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

A post shared by Peregrine Farm Stall (@peregrinefarmstall) on

Dit is sekerlik een van die N2 se bekendste padstalle en as ’n mens so na hulle varsgebakte brode en fyngebak kyk, kan ’n mens verstaan hoekom! Peregrine Farm Stall is net buite Grabouw geleë en het ’n lekker speelparkie met ’n klomp ou trekkers, die heerlikste roomys en ’n kitskos-padstalletjie. As daar nou een plek is waar jy moet stop tussen Kaapstad en Knysna, is dit hierdie een!

Padkos

Daar is niks wat die langpad se leemtes se lekker kan vul soos heerlike padkos nie. Sommige mense dink dis snaaks dat ons nog padkos inpak met al die kitskosrestaurante wat oral langs die paaie pronk, of dalk is dit omdat ons sogenaamde langpad meeste van die tyd maar net 360 kilometer lank is. Hoe dit ook al sy, my gesin durf beslis nie ’n vakansie sonder padkos aan nie! 

Dié eetgoed en ’n blikbeker vol koffie is genoeg rede om my in ’n motor te lok.

Ek en my gesin geniet heerlike padkos by Kogmanskloof
1999

’n Paar gunstelinge in ons roomysbak vol eetgoed is: hardgekookte eiers, eier- en mayonnaise-toebroodjies (in driehoekies gesny), hoenderboudjies, stokkies met kaas, uitjies en Weense worsies en, die heel belangrikste, frikkadelle. Dié eetgoed en ’n blikbeker vol koffie is genoeg rede om my in ’n motor te lok.

As daar nou een ding is wat altyd in ons padkosbak sal wees, is dit frikkadelle. My pa sal definitief nie baie beïndruk wees as iemand nie frikkadelle gemaak het vir die lang rit nie. Probeer gerus hierdie resep:

Phillip se Frikkies

Bestanddele:

  • 500 g maalvleis
  • 10 ml tamatiesous
  • 5 ml worcestersous
  • 10 ml blatjang
  • 20 ml droë hawermout
  • 20 ml water
  • 10 ml asyn
  • Droë of vars pietersielie
  • Droë of vars soetbasiliekruid
  • Sout en peper
  • Braaivleisspeserye
  • 1 eier
  • 1 tot 2 huisies gekapte knoffel
  • 1 gekapte ui

Metode

Op die stoof

1. Gooi al die bestanddele bymekaar en meng goed.

2. Vorm balletjies.

3. Gooi ’n bietjie water in ’n pan en braai op ’n matige hitte tot mooi bruin.

4. Draai die balletjies om en voeg ’n klein bietjie water by en braai tot mooi bruin aan albei kante.

In die mikrogolfoond

1. Plaas die balletjies in ’n plat glasbak en plaas dit op maksimum sterkte vir 7 tot 8 minute in die mikrogolfoond.

Foto: Unsplash

Die beste deel van padkos is dat jy net wat jy wil kan inpak! Pak elkeen se gunsteling-happie in om die gemoed hoog te hou vir die res van die langpad.

Gewoonlik het ons nie net ’n roomysbak vol soutgoed nie, maar ook ’n botterbakkie met soetgoed. Kry ’n paar pakkies lekkers, soos jellielekkers, Smarties, Astros, Speckled Eggs, Mentos, Wine Gums en toffies, gooi dit in ’n plastiekbakkie en hou dit in die kar om al die klakouse stil te hou. 

Saamsingtreffers

As ons nie besig is om ons kieste te stop nie is ons besig om uit volle bors te sing, want in ons kar sal daar altyd musiek speel. My gesin is mal oor musiek en my pa toets ons musiekkennis behoorlik deur ons met Roxette, Bryan Adams, Def Leppard en ’n mengsel van treffers uit die tagtigs te vermaak.

I got my first real six-string

Bought it at the five-and-dime

Summer of ’69 ─ Bryan Adams

Probeer om voor die tyd al die lekker saamsing-musiek bymekaar te maak, of stel ’n speellys met almal se gunstelinge op ’n selfoon of ’n USB-stokkie op.  

Loer gerus na my gesin se top-twintig-treffers vir ’n bietjie inspirasie.

Top-20-treffers vir die langpad

1. Jefferson ─ Roxette
2. Rocket ─ Def Leppard
3. Summer of ‘69 ─ Bryan Adams
4. Karma Chameleon ─ Culture Club
5. Hungry like the Wolf ─ Duran Duran
6. Land Down Under ─ Men at Work
7. Little Bird ─ Annie Lennox
8. Ring of Ice ─ Jennifer Rush
9. Cartoon Heroes ─ Aqua
10. Queen of Hearts ─ Juice Newton
11. Going Back West ─ Boney M
12. What’s up ─ 4 non Blondes
13. All the Small Things ─ Blink 182
14. Heaven is a Place on Earth ─ Belinda Carlisle
15. Rebel Yell ─ Billy Idol
16. We Built This City ─ Starship
17. St. Elmos Fire ─ John Parr
18. Rosanna ─ Toto
19. You’re the Voice ─ John Farnham
20. Invisible Touch ─ Genesis

Foto: Unsplash

Dié lekker wenke klink al klaar vir my soos vakansie! Pak jou tasse en padkosblik, warm solank jou stembande op en hou jou oë oop vir ’n plesierige padstal ─ die langpad was nog nooit so lekker soos met LekkeSlaap se langpadwenke nie!

Ns. Onthou om ’n paar padstalle vir die pad terug ook oor te los.

Hooffoto en ander foto’s deur Johmine Croeser, tensy anders vermeld.