Geverifieerde Resensie
Beaufort West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Beaufort West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1333 resensies.
"Ongelukkig ry ons gewoonlik net deur of ons slaap net oor. Ons beplan om volgende keer meer tyd te spandeer en alles te besoek."
"Die Karoo Nasionale Park is een van ons gunsteling parke waar ons gereeld gaan kamp. Sou mens oornag by 'n gastehuis is dit baie gerieflik en naby om die park te besoek. Daar is ook ander wildreservate in die direkte omgewing en aangesien verblyf in die park en ander reservate regtig baie duur is, sal ek beslis aanbeveel om by Mango's verblyf te reël en dan die parke te besoek as 'n dagbesoeker."
"Die Chris Barnard Meuseum is regtig interresant en leersaam en 4 Sheep restaurant by die Caltex Garage is ‘n moet vir watertand boerekos opsies."
"Die enigste groot attraksie is die Sentraal Karoo Park wat beslis 'n dagbesoek of meer werd is."
"Bedelaars bederf 'n mens se toeriste-ervaring, ten spyte daarvan dat 'n mens deernis met hulle omstandighede het."
"Loved the quietness, the sheep around us and the atmosphere of peace. Couldn’t hear the traffic, maybe we were too tired."
"Die 4Sheep restaurant moet baie meer bemark word - dit is 'n lieflike restaurant. Weg van die veilige restuarante soos Spur en Steers is 4Sheep 'n besliste moet."